Saru moet snoei, en sal behóórlik moet snoei om te oorleef

Daar wag ʼn groot ontnugtering op 530 van ons land se heeltydse rugbyspelers.

Die mat kan binnekort onder hulle uitgepluk word as Rassie Erasmus se radikale finansieringsplan vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru)om finansieel te oorleef, aanvaar word.

Erasmus, in sy hoedanigheid as Saru se direkteur van afrigting, sou Woensdag die plan aan die franchise-hoofde voorgelê het.

SA rugby is in ʼn finansiële knyptang waaruit hy, soos die res van die land, nie kan ontsnap nie.

Daar is geen ander uitweg nie, maar daar is tot nou toe ander kant toe gekyk en gewag op die geldskip wat nooit opgedaag het nie.

As daar nie genoeg inkomste gegenereer word nie, die TV-uitsaairegte en borgskappe nie meer al die gate kan toestop nie en daar nie meer nuwe borge na vore kom nie en die toeskouersgetalle boonop kwyn, kan jy nie 989 spelers onderhou nie ‒ veral nie as jou laaste uitkomkans die Wêreldbekerbod van 2023 was wat ook nie aan jou toegeken is nie.

Die spelerspens was gans te vol. Daar was te veel onnodige uitgawes en te veel geld is verkwis.

Baie bonde is reeds bankrot; ander se uitvoerende hoofde lê sekerlik snags wakker om planne te beraam om te oorleef.

Dis hoekom ʼn gesiene afrigter soos Peter Engledow van Griekwas eerder ʼn pos by die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) aanvaar het om die eerste span af te rig. (Dis nóg ʼn onding, skole wat miljoene betaal om bo te bly en om aan ʼn wenspan te klou, maar dis vir ʼn ander dag.)

Die plan om die heeltydse spelersgetal tot 459 te verminder, kan tot ʼn ongekende uittog oorsee lei.

Was dit werklik nodig om byvoorbeeld 8 tot 12 skrumskakels te hê terwyl net twee kan speel?

Sommige spelers het maande lank ledig gesit (en is daarvoor betaal) wagtende op ʼn speelkans wat in gevalle nie gekom het nie.

Die geldkrane is leeg getap en nou wag donker dae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
CWS

Ja wat sny nog want hul die wereld gesien en nie die wereld aan hul voete gehad….geen trots altyd verskonings…..kyk inelkgeval al jare nie rugby. !!!!

Henk

Die skuld vir die swak finansiele posisisie moet vierkantig voor die deur van Saru gele word met hulle onsinnige kwota beleid. Hierdie beleid het gesorg dat daar kwynende getalle ondersteuners en borge is , maar natuurlik sal alles die skuld kry behalwe die regte redes. Die werklik talentvolle spelers sal weer oorsee gaan speel waar hulle met ope arms verwelkom word , terwyl die kwotas maar weer net om die pot sal bly. Natuurlik is daar dan nog die beleid om oorsese spelers nie te kies vir die sogenaamde Springbok span nie , maar nou ja, twee vlieee met een… Lees meer »

Judge Dredd

14 professionele rugby bonde en 989 spelers – dis meer as 70 per span.

LHS

As spanne nie wen nie sal toeskouersgetalle al hoe kleiner en kleiner word totdat daar niks oorbly nie. Ongelukkig kan spanne net wen met die heel beste spelers tot hulle beskikking. Solank die politici en administrateurs hierdie beginsel nie wil verstaan nie sal die bedryf bankrot speel en gaan deure finaal gesluit word.

Gustav

Daar moet kers opgesteek word in NZ, want as ‘n klein landjie dit so goed reg kan kry, hoekom moet ons so sukkel