Saru moet snoei, en sal behóórlik moet snoei om te oorleef

Daar wag ʼn groot ontnugtering op 530 van ons land se heeltydse rugbyspelers.

Die mat kan binnekort onder hulle uitgepluk word as Rassie Erasmus se radikale finansieringsplan vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru)om finansieel te oorleef, aanvaar word.

Erasmus, in sy hoedanigheid as Saru se direkteur van afrigting, sou Woensdag die plan aan die franchise-hoofde voorgelê het.

SA rugby is in ʼn finansiële knyptang waaruit hy, soos die res van die land, nie kan ontsnap nie.

Daar is geen ander uitweg nie, maar daar is tot nou toe ander kant toe gekyk en gewag op die geldskip wat nooit opgedaag het nie.

As daar nie genoeg inkomste gegenereer word nie, die TV-uitsaairegte en borgskappe nie meer al die gate kan toestop nie en daar nie meer nuwe borge na vore kom nie en die toeskouersgetalle boonop kwyn, kan jy nie 989 spelers onderhou nie ‒ veral nie as jou laaste uitkomkans die Wêreldbekerbod van 2023 was wat ook nie aan jou toegeken is nie.

Die spelerspens was gans te vol. Daar was te veel onnodige uitgawes en te veel geld is verkwis.

Baie bonde is reeds bankrot; ander se uitvoerende hoofde lê sekerlik snags wakker om planne te beraam om te oorleef.

Dis hoekom ʼn gesiene afrigter soos Peter Engledow van Griekwas eerder ʼn pos by die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) aanvaar het om die eerste span af te rig. (Dis nóg ʼn onding, skole wat miljoene betaal om bo te bly en om aan ʼn wenspan te klou, maar dis vir ʼn ander dag.)

Die plan om die heeltydse spelersgetal tot 459 te verminder, kan tot ʼn ongekende uittog oorsee lei.

Was dit werklik nodig om byvoorbeeld 8 tot 12 skrumskakels te hê terwyl net twee kan speel?

Sommige spelers het maande lank ledig gesit (en is daarvoor betaal) wagtende op ʼn speelkans wat in gevalle nie gekom het nie.

Die geldkrane is leeg getap en nou wag donker dae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

CWS ·

Ja wat sny nog want hul die wereld gesien en nie die wereld aan hul voete gehad….geen trots altyd verskonings…..kyk inelkgeval al jare nie rugby. !!!!

Poot ·

Nou hoekom lees jy dan hierdie berig as jou belangstelling in rugby nie meer daar is nie?

Henk ·

Die skuld vir die swak finansiele posisisie moet vierkantig voor die deur van Saru gele word met hulle onsinnige kwota beleid. Hierdie beleid het gesorg dat daar kwynende getalle ondersteuners en borge is , maar natuurlik sal alles die skuld kry behalwe die regte redes. Die werklik talentvolle spelers sal weer oorsee gaan speel waar hulle met ope arms verwelkom word , terwyl die kwotas maar weer net om die pot sal bly. Natuurlik is daar dan nog die beleid om oorsese spelers nie te kies vir die sogenaamde Springbok span nie , maar nou ja, twee vlieee met een klap ne. Die uiteindelike verloorder ? Rugby in SA

Judge Dredd ·

14 professionele rugby bonde en 989 spelers – dis meer as 70 per span.

LHS ·

As spanne nie wen nie sal toeskouersgetalle al hoe kleiner en kleiner word totdat daar niks oorbly nie. Ongelukkig kan spanne net wen met die heel beste spelers tot hulle beskikking. Solank die politici en administrateurs hierdie beginsel nie wil verstaan nie sal die bedryf bankrot speel en gaan deure finaal gesluit word.

Gustav ·

Daar moet kers opgesteek word in NZ, want as ‘n klein landjie dit so goed reg kan kry, hoekom moet ons so sukkel

Jurie ·

NZ kies op meriete en het bekwame finansieele bestuurders. Dis die antwoord. Hoe moeilik kan dit wees.

ITman007 ·

Die tekort aan kommentaar op die artikel spreuk boekdele oor die belangstelling in Rugby. Die politici teiken rugby weens die kultuur, maar ook weens die fondse. Uit die ondergang van die huidige struktuur sal die politici, die “hoofstroom” media en die Dstv monopolie belangstelling verloor. Daarin le daar ‘n geleentheid om Rugby “terug te vat”.

Rugby behoort nie aan die land, die regring, die politici, die bonde of die uitsaaiers nie, sy behoort aan die wat die gees van rugby geniet.

Ratel van Wouw ·

NZ het ook net 450 professionele spelers en kyk hoe goed doen hulle spanne . Hulle speel Superruby. Hulle het die Mitre beker. n Tipe Currie Cup. Daars sewes. Klub rugby. U20s!

Prof Albert Basson ·

Ek betaal ook nie om die bokke te gaan kyk wat 7de is op die wereld ranglys nie. Dit alleen vertel alreeds n verhaal. Nog minder betaal ek DSTV n R1000 net om sulke swak rugby en krieket te kyk. Ek spandeer nou kwaliteit aan myself en die familie.

Callie ·

Vra dit altyd. Speel wenrugby en die regte rugby liefhebber gaan kyk. Almal wat eerlik is en integriteit het weet hoekom is spanne swak. Rugby gaan sterf in SA.

koos1 ·

Mmmm, sny maar aan die top wat in die raadsale sit ook. Aftherall, hulle het die besluite geneem!

Judge Dredd ·

Presies – die geld word ingebring deur borge en toeskouers wat na die spelers kom kyk, nie die administrateurs.
Nerens word ooit genoem hoeveel administrateurs daar in SA Rugby is.

Wollie ·

Hoekom maak Rassie nie net die hele span swart en bevredig die politieke wereld nie? Hul gaan in elk geval verloor, soos hulle nou doen en dan is darem een party bevredig

Tommie ·

Ek weet almal gaan my nou uithaal, maar; Ek het so 3 jaar gelede Premier League Sokker (nie plaaslike sokker nie) op SS3 begin ky. Het my n ruk gevat om die spel te leer (dis nie net n geskop en val nie). Die stadions is altyd vol of dit nou sneeu of reen en die gees is onbeskryflik. Weet dis moeilik vir n Afrikaner rugby ondersteuner om net aan sokker te dink. Die Premier League is baie professioneel en aanskoulik . My hele gesin is mal daaroor. Gee dit net n kans. Ek kyk nog steeds rugby, maar dis nie my alles nie.

Andre C ·

Die springbokke gaan op die die trant nie meer lank onder die 10 beste spanne bly nie.Ek skree van nou af vir enige span wat teen die bokke speel!!

Johann cb ·

Ek sal dit verwelkom as Rassie se besparingsplan deurgevoer word! Die land se ekonomie kan ook nie langer bekostig om soveel manne te dra nie! As hulle elkeen ‘n tasbare bydrae tot die ekonomie lewer, is die situasie baie anders. Volgens my kennis, is dit egter nie die geval nie. Die gewone werkende man op straat, trek nét so swaar! Die “honeymoon” is byna vir sommige spelers verby – jammer manne!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.