Saru-raadslid sterf weens Covid-19-komplikasies

Monde Tabata. Foto: Twitter.

Huldeblyke stroom in vir Monde Tabata wat weens Covid-19-komplikasies gesterf het. Die 60-jarige het maande lank teen die virus baklei.

Hy het in 2010 deel van SA Rugby (Saru) se uitvoerende raad geword en het op verskeie komitees gedien.

“Ten spyte van die feit Monde lank siek was, is sy dood steeds ’n reuseskok. Ons sal sy wyse raad en passie vir die spel gedurende ons raadvergaderings mis,” het Mark Alexander, Saru-president, gesê.

“Hy was nie bang om sy mening met die res van ons te deel nie. Maar tog het dinge nooit persoonlik met Monde geraak nie en ek sal altyd sy vriendelike en joviale geaardheid onthou.”

Tabata is in Cradock gebore en het sy studies aan Rhodes-Universiteit voortgesit. Hy was een die Black Student Movement se stigterslede en het lank as die president van sy rugby-unie gedien.

Later het hy ook vir Eskom gewerk en op verskeie rade in die sakewêreld gedien.

“Sy afsterwe is vir ons as rugby-organisasie ’n baie groot verlies. As rugbyman het hy ’n passie vir Suid-Afrika se rugbytoekoms gehad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

twaalfboor ·

Die feit dat hy vir ESKOM gewerk het sê nogal baie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.