Saru sal dringend by die OP Kings moet ingryp (episode vyf)

ep-kings-logoDie Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) durf nie langer langs die kantlyn sit nie, hy sal by die Oostelike Provinsie Kings moet ingryp.

Die spelers se salarisse is wéér nie betaal nie en so kan dinge nie langer aangaan nie. Soos sake nou staan, staak die spelers reeds van Dinsdag af (al beweer die OP Kings se president, Cheeky Watson, dat hy hulle Dinsdag ʼn afdag gegee het en Woensdag hul gewone afdag was).

Nee meneer, die spelers oefen nie, want hulle staak en Saterdag se Curriebekerwedstryd teen die Goue Leeus op Ellispark is in die gedrang.

Die spelers is besig om al die lastige telefoonoproepe te beantwoord, hulle is besig om aan die skuldinvorderaars van hul voorstoepe af te hou, hulle probeer die soveelste keer verduidelik hoekom hul huis-, motor- en krediekaartpaaiemente agterstallig is.

Dit hoort nie tuis in SA Rugby in 2015 nie; dit hoort op televisie in Getroud met Rugby.

Kyk na die groter prentjie… Die skade wat dit aan SA rugby doen, is reeds byna onherstelbaar. Oor  sowat ses maande moet die Southern Kings in die Superreeks speel. Dit stuur op chaos af, want byna niemand  byt meer aan Watson se beloftes dat die “grootste borgskap in die geskiedenis van SA rugby” op pad is nie en dat ʼn Vrystaatse sakeman hom glo ingeloop het met die borgskap nie.

Die tjek is nie in die pos nie, die skip lê nie in die hawe nie, want die geldkraantjie het opgedroog. Wanneer enige maatskappy die soveelste keer nie sy personeel se salarisse betaal nie, is daar groot fout.

Met watse beloftes gaan Watson nuwe spelers Baai toe lok? Waar gaan hulle spelers van formaat kry?  Watter topspelers sal bereid wees om kontrakte te onderteken? Spelers van Supergehalte?

Die Sanzar-base het grys hare, want hulle moes juis verlede week ʼn dringende skywe aan die Japanse rugbybase rig om vas te stel of hulle span ʼn werklikheid is en nie net ʼn droom nie. Dié span het nie ʼn afrigter nie, want Eddie Jones is op pad Kaap toe na die Wêrelbekertoernooi. Tot dusver het daar glo net vyf spelers hulle tot die Japanse Superspan verbind.

En as die Kings ook vou? Sal die borg en uitsaaiers van Superrugby daarmee tevrede wees?

My hart bloei vir die huidige OP-spelers en legendes soos Danie Gerber, Hannes Marais, Popeye Strydom, Gawie Carelse en nog hele paar handevol ander spelers wat tot SA se ryke Springboktradisie en ook rugbykrag bygedra het.

Toe dinge by die Grens hande uitgeruk het, is daar deur Saru ingegryp. Toe dinge by SWD nie na wens was nie, is daar ingegryp … en so kan ons aangaan, unie vir unie vir unie. Dit sluit die OP in wat benewens bevoordeling in die ligas ook ʼn stywe inspuiting van Saru gekry het – bedoel vir ontwikkeling maar gebruik om aan die lewe te bly, hoor mens.

Die probleem sal homself nie oplos nie. Dit kan nie onder die mat ingevee word nie en dit word al jare lank al onder die rugbybase se aandag gebring.

Gryp nou in, Saru, voordat dit heeltemal te laat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lourens Maritz ·

Die span word deur die ANC bestuur, en dit is chaos. Wie is verbaas hier oor?

Strydom-:Stryslim eerder ·

Geen verrassings met dit nie! Hulle groot borg is dalk SAA? Hulle kan mos altyd nog geld kry, so ons hardloop op n verlies, en gee n Borg vir n verlies van n span. Wil net weet die naam Kings, Kings van wat presides???

Kobus ·

die anc is seker Watson se groot borg, maar hul kan nie betaal nie want al die geld is in nkandla ingedruk

Eduard Wansbury ·

VRA VIR COSATU KAN HULLE NIE SO BIETJIE HELP DIS TOG ONS TOP UNIE WAT TRANFORMASIE BETREF EN KAN SNORRE BIETJIE RAAD GEE ASB HYS DAREM BAIE STIL AS DIE KALF IN DIE PIT LE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.