Saru se besluit: Geen wenner, net verloorders

Wanneer iemand drooggemaak het, het die ouer mense altyd gesê “hy het sy eie bed opgemaak, nou moet hy daarin slaap”.

Die Suid-Afrikaanse rugbybase moet van Dinsdag af die soveelste krisis afweer wanneer hulle begin besin watter twee Suid-Afrikaanse franchise’e in die Superreeks in 2018 in die slag sal bly nadat die president Mark Alexander en Saru se uitvoerende hoof, Jurie Roux, ʼn paar weke gelede saam met die res van Sanzaar-beheerliggaam dié besluit geneem het.

Die Southern Kings en die Cheetahs? Moet die Cheetahs en Lions weer saamsmelt om die Cats of Golden Cats (wat nooit uitgewerk het nie) te laat herleef? Moet die Cheetahs saam die Sharks ingedeel word, of moet die Kings en die Sharks (is hulle dan nie aanvanklik die Coastal Sharks genoem nie?) weer saamsmelt?  Moet die Lions en Bulls nie dalk saamsmelt nie?

Wat ook al besluit word, dit sal nie ʼn gewilde keuse wees nie. Rugby sal beslis nie die wenner wees nie, want in twee groot unies (en ʼn paar van hul buurunies) gaan daar lang trane gehuil word, want dit gaan ʼn gespook en gespartel wees om kop bo water te hou.

Roux het Maandag gesê, en ons stem heeltemal saam, dat ses Suid-Afrikaanse spanne nie volhoubaar is nie.

Soos hy tereg opgemerk het, gaan kyk maar na die uitslae, die helfte van die franchise’e verloor meer as wat hulle wen.

Volgens Roux het die media, ondersteuners en rolspelers duidelik gepraat.

Maar hoekom is daar nie geluister toe die media en ondersteuners  destyds al gebrom het toe die reeks uitgebrei is om ʼn bykomende span van Suid-Afrika en Australië toe te laat nie?

Niemand wil ná die tyd slim wees nie, maar dit was mos van die begin af duidelik dat die Force, Rebels en Kings nie hul man in die Superreeks sou kon staan nie.

Dink ook maar terug aan ʼn paar jaar gelede toe die Lions hul status verloor het om plek vir die Kings te maak? Die Lions het wonderbaarlik teruggeveg om hul plek terug te wen, maar as dit nie gebeur het nie, wat van die permanente letsels wat die Lions sou gedra het?

Dis ʼn hartseerdag vir SA rugby, want daar sal geen wenner wees nie, net verloorders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kiepie ·

As lojale Cheetah onderstener vir baie jare al moet ek eerlik wees en sê dat hulle nog nooit kompeterend was in Superrugby nie. In al die jare het dit nog nie eers een keer gelyk of hulle ‘n semi-finaal sal haal nie. Ek dink die Vrystaat Rugby Unie se bestuur moet hulle hand diep in eie boesem steek vir die feit dat hulle die enigste unie is wat nog amateuragtig bedryf word. Jy vat nie die groot honde aan met studente en “has beens” nie.

En die King moes nooit eers gewees het nie, dit was ‘n politieke speletjie van die begin af.

Pietman ·

Cheetahs het so paar jaar terug in die Semi’s gespeel. Dis toe Robert Ebersohn , Willie Le Roux, en Sarel Pretorius ens nog vir hulle gespeel het.

Koos1 ·

Hoekom kyk hulle nie bietjie na iets soos met verloor spanne wat uitval aan die einde van die reeks en dan die wenners van die bv. Curriecup wat dan opgaan om Super rugby te speel.
Of maak soos die Japanners en Argenteine en vat een span en laai hom vol met Springbokke (spelers, afrigters die works), en laat die ander drie spanne die voerspanne word vir die Springbokke. Dan kan ons miskien Springbok rugby red. Maaaaar is SA sal dit nooit kan werk nie want ons is te provinsie trots!
My stem as Bulls ondersteuner vir die spanne wat uitgelaat moet word is……….. die Bulls en die Kings.

Cum Laude ·

Die ding het begin skeefloop toe hulle met Cheeky Watson wou omgaan en die Kings toelaat.
Vandaar net swak Rugby en leë stadions.
Ek hou van die nuwe besluit. Top 4 speel SuperRugby en res kan hulself eers weer bewys met Currie en Supersport Rugby.
Promosie relegasie is in elk geval ook baie goeie lokale games en gee almal n kans.
Geld praat maar my DSTV subskripsie nog meer.

Willie ·

Om te bepaal watter spanne moet ‘groet’, kyk na die opkoms by die stadions tydens wedstryde! Vrystaat stadion is leeg! Dit is jammer, maar die groter stadion besoeker-getalle le in Johannesburg, Pretoria, Durban, Kaapstad.

Kaspaas ·

Is dit nie nou die tyd om SANZAR vaarwel te roep en by die Heinekin beker te probeer inskakel nie. Moet se hulle spel kwaliteit baie beter as die van Super Rugby. Ook na die berig vanoggend dat Australie hard probeer om SA uit super rugby te skop. Van altwee bring ons die meedte geld in so hulle kan gaan bars

Rugga man ·

Wat van ń IPL tipe formaat waar daar 4 nuwe SA Franchise spanne gevorm word en spelers van enige provinsie oor die land dan gekontrakteer kan word vir die Franchise Wat hom vir die Superrugby seisoen wil kontrakteer. Sodoende word geen provinsie voorgetrek nie en word ons beste spelers behou in SA en het spelers iets om voor te werk en het ons vier spanne wat goed kan meeding in. Superrugby. Net ń voorstel.

Chris ·

Dit is jammer dat ter wille van die bevordering van rugby in Japan en Argintinie twee SA spanne nou hul super status verloor. Ek wil my nie uit laat oor wie moet bly en wie moet ry nie, net dit, daar sal aan ‘n afsonderlike kompetiese , met status ,gedink moet word want letterlik baie spelers gaan nie super rugby speel nie ,miskien moet die currie beker op dieselfde tyd in ‘n nuwe formaat gespeel word, super rugby het eintlik rugby verongeluk want toere in die verlede van die All-Blacks,Engeland en dies meer het meer skares gelok en elke provinsie het daarby gebaat . Die enigste keer waar spelers met redelike sukses saamgevoeg was,[ buite nasionaal] is spanne soos Barbarians, Gekombineerde magte,universiteite en dies meer, saam voeging van provinsies [franchises gaan nie werk nie, dis reeds bewys]

adriaan ·

dis n geleentheid. die oorblywende spanne moet 3 gekontrakteerde spelers van kleur vir die uitval spanne gee maar steeds hul koste dra. cheetas en kings kan dan twee spanne in curriebeker of ander kompetisie stoor. verkieslik onder 20’s om grootgemaak te word vir super rugby. of dink ander geleenthede uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.