Saru se gesloer skeel Coetzee min, oefengroep reeds gekies

Seabelo Senatla - Foto www1skysports.com

Seabelo Senatla – Foto www1skysports.com

Die gesloer met die bekendmaking van Coetzee se voortsetting van sy kontrak as Springbokafrigter het hom ongetwyfeld nie hierdie keer onkant betrap nie.

Terwyl Saru nog sukkel met die finalisering van die verdedigingsafrigter – feitlik verseker Brendon Venter – se kontrak, het Coetzee reeds weke gelede gehoor hy behou sy pos. Daar is sover bekend geen voorwaardes vir sy voortgesette taak as afrigter gestel nie.

Coetzee het genoeg tyd gehad om oor spelers se besin. Hy het Maandag net nadat Saru bevestig het hy bly die Bokafrigter, ʼn groep van 41 aangekondig wat spelers van die Lions, Bulls, Stormers en Cheetahs insluit.

Die groep sal van Sondag tot aanstaande Dinsdag in Johannesburg saamoefen in die eerste van drie oefenkampe.

Die Blitsbokke se voorste driedrukker Seabelo Senatla en die Bulls se Boksenter Jan Serfontein is ook onder die genooides. Daar is 13 Bulls, 11 Stormers , 10 Lions en sewe Cheetahs in die groep.

Die Sharks wat die naweek in Canberra teen die Brumbies speel en die Kings wat in Singapoer teen die Sunwolves te staan kom is nie genooi nie.

Die Lions se spelers sal nie Dinsdag die kamp bywoon nie. Hulle vertrek dié dag na Argentinië vir hulle wedstryd reën die Jaguares.

Coetzee sê die kamp sal die afrigtingspersoneel die geleentheid gee om die planne  by die afrigters se indabas beraam is na die oefenveld te neem.

Die genooides –
Stutte: Ruan Dreyer (Lions), Lizo Gqoboka (Bulls), Wilco Louw (Stormers), Frans Malherbe (Stormers), Ox Nché (Cheetahs), Trevor Nyakane (Bulls).
Hakers: Joseph Dweba (Cheetahs), Malcolm Marx (Lions), Bongi Mbonambi (Stormers), Akker van der Merwe (Lions).
Slotte: Lood de Jager (Bulls), Pieter-Steph du Toit (Stormers), Eben Etzebeth (Stormers), Franco Mostert (Lions), RG Snyman (Bulls).
Flanke: Uzair Cassiem (Cheetahs), Siya Kolisi (Stormers), Jaco Kriel (Lions), Teboho Mohoje (Cheetahs).
Agtstemanne: Nizaam Carr (Stormers), Hanro Liebenberg (Bulls), Sikhumbuzo Notshe (Stormers), Warren Whiteley (Lions).
Skrumskakels: Faf de Klerk (Lions), Rudy Paige (Bulls), Piet van Zyl (Bulls).
Losskakels: Jean-Luc du Plessis (Stormers), Elton Jantjies (Lions), Handré Pollard (Bulls).
Senters: Damian de Allende (Stormers), Rohan Janse van Rensburg (Lions), Lionel Mapoe (Lions), Jan Serfontein (Bulls), Francois Venter (Cheetahs).
Vleuels: Travis Ismaiel (Bulls), Sergeal Petersen (Cheetahs), Raymond Rhule (Cheetahs), Seabelo Senatla (Stormers), Jamba Ulengo (Bulls).
Heelagters: Warrick Gelant (Bulls), Jesse Kriel (Bulls).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skokkend ·

Verskoon my maar is ek die enigste rugby ondersteuner wat geskok is dat Alistair weer aangestel is? Die ou het springbok rugby op die laagste vlak in die geskiedenis in ge”coach”…. Dis skokkend!! In watter ander deel vd wêreld word die werkers (hulp afrigters) afgedank as die baas opneuk???? Net in SA en net as die baas n kwota aanstelling is…… Eks klaar met springkok rugby todat hulle die beste man vd job aanstel, ongeag sy kleur!

Mark ·

AC is klaar by sy 50%? Seabelo Senatla is ‘n ongelooflike 7’s Speler maar het nog nooit Super Rugby gespeel nie? Stap sommer in Bok groep in? wat se boodskap is dit aan al die ander talentvolle 15man spelers? Verdediging is steeds hoogs verdag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.