Saru skeld Pat Lambie van kontrak kwyt

Pat Lambie (Foto Facebook)

Die SA Rugbyunie (Saru) het Dinsdag aangekondig dat hy die Springbok-losskakel Pat Lambie van die res van sy kontrak kwytskeld om sy loopbaan in Frankryk voort te sit.

Voor sy kopbesering in ʼn Superrugbywedstryd voor die reeks teen die Franse was hy Suid-Afrika se eerste keuse op losskakel.

Hy was ook vier maande van die veld af nadat hy verlede jaar in die toets teen Ierland harsingskudding opgedoen het, en Racing het eweneens Dinsdag in Parys aangekondig dat Lambie se skuif onderhewig aan die slaag van ‘n mediese ondersoek is.

Die Franse klub beskik reeds oor die diens van die legendariese All Black Dan Carter op losskakel, en Lambie sal waarskynlik op heelagter aangewend word as sy sake vlot verloop.

Die 26-jarige KwaZulu-Nataller het die Springbokke in 56 toetse verteenwoordig.

Tussen sy toekomstige spanmaats by Racing tel twee Suid-Afrikaans-gebore flanke wat toetsrugby vir Frankryk gespeel het, Bernard le Roux en Antonie Claassen, die seun van die Springbokkaptein Wynand Claassen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos ·

Hy is nes (hoewel in ‘n baie minder mate)overrated soos Pollard. Probleem is nadat hy nie teen Ierland kon Staande(r) bly nie en vandaan was hy nooit weer dieselfde.

Fires ·

So baie goeie gehalte spelers al verloor. Die Curriebeker gaan doodloop! Baie min mense kyk nog Curriebeker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.