Saru-verliese ou nuus, maar skok tóg

Dit is nie werklik nuus nie, want dit is op 30 Maart vanjaar al in die pers bekend gemaak, maar dit kom nietemin as ʼn skok om weer te verneem in watter haglike finansiële posisie die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) is.

Hulle was in 2016 op die randjie van bankrotskap, en die krisis word onderstreep deur die herhaling van die verlies van R33 miljoen in 2017 wat Dinsdag by die sitting van die parlementêre komitee oor sport en ontspanning bekend gemaak is.

Boebie Saban, Saru se finansiële hoof, het tydens die sitting getuig dat Saru in 2017 ’n verlies van R33 miljoen gely het ondanks nuwe borge wat hulself tot Saru verbind het.

Rugby se beheerliggaam was in 2016 glo op die rand van bankrotskap. Hulle verlies was toe R23,3 miljoen.

Die situasie is in 2017 vererger met die nie-toekenning van die 2023-Wêreldbeker-toernooi aan Saru. Die bod het Saru sowat R38,5 miljoen aan verlore inkomste gekos. Die sowat R36 miljoen wat betaal is om die deelname van die Cheetahs en die Southern Kings aan die Pro14-reeks ʼn werklikheid te maak, was bydraend tot die verlies.

Die onttrekking van huidige borge het ook verdere verliese tot gevolg gehad. Die gevolg was dat Saru in die laaste helfte van 2016 en in 2017 sowat R130 aan finansiering verloor het.

Ondanks die intrede van nuwe borge, bly die posisie benard en sal dit die rugbybeheerliggaam tussen drie en vier jaar neem om te herstel, volgens die president van Saru, Mark Alexander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Andre ·

Al wat nou gedoen moet word is dat daar gedwing moet word dat daar 60% kwota toeskouers ook moet wees

Henk ·

Wat ‘n reuse sukses wat met die kwota stelsel behaal is. Baie geluk aan Saru met hulle uitmuntende bestuurstyl, doen so voort. Soos die Engelse sou se : Suffer Baby , suffer.

Nic ·

Soos hulle in Engels sê: “Check this space, it can only get worse”. Kwota voort!

Swartwolf ·

Nog ‘n transformasie sukses gebring aan die SA publiek deur cANCer. Rekord verliese. SARU kon net sowel Eskom, SAA, Denel, SABC of Petrosa gewees het. Selfde doelwitte selfde resultaat.

Niklaas ·

Min mense is verbaas oor hierdie nuus. Laas naweek het ek weer nie vir die bokke op TV gekyk. En ek was een grroot ondersteuner

Callie ·

Wys my wat bestuur die politikuste nie in die afgrond in nie. Rugby sal verder agteruitgaan. Kwota skares wil nie betaal nie. So, wat nou saru

Swartwolf ·

Selfde logika. Hlaudi speel 90% etniese musiek op SABC radio for 6 maande maar vergeet waar sy geld vandaan kom en wie sy kliente is. Advertensie inkomste val met 40%. SABC bankrot. SARU bring sy cANCer gedrewe transformasie kwotas spanne in S15 en Castle Chamionship en bokke val tot 7de. Niemand wil die gesukkel aanskou nie. Misdaad syfers het die land die 2023 wereldbeker gekos niks anders nie. SARU binnekort bankrot.

bollie ·

Dis nie net in SA nie. Ek lees die meerderheid van die Engelse Premierklubs is ook in finansiele moeilikheid. Die toeskouergetalle veral in die suidelike halfrond is uiters swak. Te veel hoogsbetaalde professionele spelers. Ons kan hoogstens 8 professionele unies onderhou. Die kleiner unies moet maar weer amateur draai.

Pieter ·

Hulle moenie nou huil nie – hulle het dit op hulself laat neerkom. NIEMAND wil week na week verloor rugby kyk nie en ons soek nie vuil politiek in ons sport nie. Krieket is op dieselfde afdraende paadjie.

Willem ·

Wat ek graag wil weet is hoeveel swart mense/spelers toe wel in die proses oor die jare voordeel getrek het. Daar het verseker baie geld in die tydperk in koffers beland. Bestuurstyl, onkundigheid van mense wat in topposte beland het, en natuurlik die gedurige bloed uit ‘n klip tap met die gedryf na kwotas, het die demografie van die spelers verander, maar die pawiljoene was aanvanklik nog gevul met die tradisionle kykers, buiten nou Nuweland. Die kleitrappery met afrigters. En natuurlik kyk waar is die rugbystadions geleë. Nie daar waar die nuwe teikenspeler se ondersteuners is nie.

Johan ·

Ek is een van hulle verliese. Ek is jammer maar sal nie ‘n traan stort as hulle “toemaak” nie.
Rugby se tyd in Suid Afrika is verby.

Sarel ·

Johan
Jy het nou gesê wat ek gedink het maar nie hardop wou sê nie: . . . tyd verby . . . .

Henry ·

Bevestig bloot die vernietigende gevolge wat kwota’s op sportgebied ten gevolg het, vir skole, klubs, universiteite, provinsies, tot by die SARU sirkus .

So word ons op alle terreine af getrek na die Laagste Gemene Deler. ‘n LGD wat daagliks te midde van brandende bande, skole, stakings ens ens ens alhoe laer af sink…

Is maar hoe dit is.

ChrisE ·

Ek wonder of sommige van die bestuurslede van SARU al op ‘n rugbyveld was of aan ‘n rugbybal gevat het. Vandat rugby “professioneel” geword het, is dit ook daarmee heen. Ek het vir die liefde van die spel gespeel. Deesdae is dit ‘n “beroep” . Dit was egter te wagte. Deesdae stel hulle die skare aan die spelers voor.

Robert Naude ·

Al betaal hulle my, sal ek nie na ń wedstryd gaan kyk nie. Alles waaraan die ANC vat verander in elk geval in modder. My wit monopolie kapitaal sal ek net op wit instansies spandeer. En dit is dit….

Ai.. ·

Hul wil alles maar alles vernietig wat eens naby was aan die blanke Afrikaner se hart…en hul vermag dit
…..trek dit af na die vrotste standaarde…
Maar die prys sal nog betaal word soos die wiel draai….

What a joke.. ·

Mooi Saru mooi man..kwota spelers voor en kwota afrigters agter en al Suid afrika se talent land uit…..
En skielik droog die geldtjies op…dink nie dit gaan vinning verander nie….Enjoy maar die gemors wat jul geskep het…all yours..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.