Schalk Brits kry uiteindelik speeltyd onder Rassie

Die haker Schalk Brits gaan uiteindelik speeltyd onder Rassie Erasmus kry.

Brits, wat sedert die tweede Junie-toets strykdeur in die Springbokke se spelersgroep, maar net in die derde toets as plaasvervanger gespeel het, is onder die 13 Suid-Afrikaanse spelers wat genooi is om Saterdag in die Britse Barbarians se jaarlikse tradisionele wedstryd op Twickenham te speel.

Erasmus is die afrigter van die beroemde span wat Saterdag teen Argentinië speel.

Aphiwe Dyantyi, wat Sondagaand deur Wêreldrugby aangewys is as die nuweling wat die grootse indruk in sy eerste seisoen van toetsrugby gemaak het, is ook in die wedstrydgroep van 23 spelers.

Die Springbokke in die groep is die voorspelers Brits, Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Malcolm Marx, Trevor Nyakane en Sikhumbuzo Notshe; en die agterspelers
Damian de Allende, Dyantyi, Elton Jantjies, Jesse Kriel en Handré Pollard.

Benewens die Springbokke is spelers van sewe ander lande genooi. Dit sluit in die stut van die All Blacks wat 200 wedstryde vir Crusaders gespeel het, maar nie meer vir Superrugby beskikbaar is nie, Wyatt Crockett.

Die skrumskakel van Fidji, Frank Lomani wat Saterdag ʼn belangrike rol in Fidji se oorwinning teen Frankryk gespeel het, is ook genooi. Só ook Argentinië se voormalige losvoorspeler, Juan Miguel Leguizamon, wat die Baabaas vier jaar gelede in die oorwinning teen Engeland aangevoer het en wat teen sy landgenote sal speel.

Twee van die spelers, die Australiese losskakel en Crusaders se flank Jack Debreczeni Crusaders flank Jordan Taufua wat albei nog nie een toetsrugby gespeel het nie, is ook ingesluit. Dit is om by die Baabaas se tradisie te bly dat daar ten minste een speler sonder toetservaring in die span moet wees.

Britse Barbarians ‒ 

Agterspelers
Tomasso Benvenuti (Benetton & Italië), Damian de Allende (Stormers & Suid-Afrika), Jack Debreczeni (Chiefs), Aphiwe Dyantyi (Lions & Suid-Afrika), Tom English (Rebels & Australië),

Leon Fukofuka (Auckland & Tonga), Elton Jantjies (Lions & Suid-Afrika), Jesse Kriel (Bulls & Suid-Afrika), Frank Lomani (Rebels & Fidji), Handré Pollard (Bulls & Suid-Afrika)

Voorspelers
Schalk Brits (Suid-Afrika), Wyatt Crockett (Crusaders & Nieu-Seeland), Lood de Jager (Bulls & Suid-Afrika), Pieter-Steph du Toit (Stormers & Suid-Afrika), Luke Jones (Bordeaux Begles & Australië), Steven Kitshoff (Stormers & Suid-Afrika), Siya Kolisi (Stormers & Suid-Afrika), Juan Miguel Leguizamon (Jaguares & Argentinië), Malcolm Marx (Lions & Suid-Afrika), Alexandre Menini (Lyon & Frankryk), Trevor Nyakane (Bulls & Suid-Afrika), Sikhumbuzo Notshe (Stormers & Suid-Afrika), Jordan Taufua (Crusaders).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dries du Toit ·

MET al daai Bokke behoort Poemas darm maklik te wen na al die laaste paar verloor toetse

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.