Scheepers teken 45 punte vir Boland aan

Nico Scheepers - 45 punte. (Foto: Facebook)

Nico Scheepers – 45 punte. (Foto: Facebook)

Die Bolandse heelagter Nico Scheepers het Saterdag 45 punte vir sy span in die opstelronde van die reeks om die Curriebeker aangeteken.

Die Kavaliers was in `n verwoestende bui en het die Welwitschias van Namibië 110-10 (rustyd 47-10) in die Bolandstadion, Wellington, afgestof.

Scheepers het drie drieë gedruk en 15 van sy span se 16 drieë verdoel. Die Wynboere se senters, Ryan Nell en Christopher Bosch, het elk vier keer agter die doellyn gaan kuier.

Griekwas is steeds die voorloper in die reeks, maar die tweede geplaaste Westelike Provinsie het `n wedstryd minder gespeel.

Dit lyk al hoe sekerder dat Griekwas, die Pumas en Boland die drie nie-franchise-spanne in die Curriebekerreeks sal wees, met die Grriffons die sterkste buiteperd.

Die naweek se ander uitslae in die reeks was: Griekwas 36, Sharks-vyftiental 14 (rustyd 14-7); WP 59, Valke 29 (26-17); die Pumas 53, OP Kings 20 (29-8); Goue Leeus 64, Luiperds 28 (26-7); Griffons 49, Vrystaat-vyftiental 33 (27-12); Blou Bulle 28, Suidwestelike Distrikte 23 (21-10).

JP Lewis - driekuns.

JP Lewis – driekuns.

JP Lewis, wat op pad Pumas toe is, het `n driekuns vir die Streeptruie op Kemptonpark behaal, en die Stormers-losskakel Robert du Preez se drie en sewe doelskoppe het hom en sy span 19 punte in die sak gebring.

George Whitehead het insgelyks 19 punte vir die Griffons teen die Vrystaat-vyftiental behaal. Hy het met vyf doelskoppe, twee strafdoele en `n skepdoel geslaag.

Die puntemakers –

Griekwas 36 (14) – Drieë: AJ le Roux, Ederies Arendse, JW Jonker, Ntabeni Dukisa, Sias Koen. Doelskoppe: Clinton Swart (4). Strafdoel: Swart.

Sharks-vyftiental 14 (7) – Drieë: Khaya Majola, Marius Louw. Doelskoppe: Tristan Tedder, Louw.

Valke 29 (17) – Drieë: Andries Truter, Grant Janke, Marlyn Williams, Shane Kirkwood. Doelskoppe: Karlo Aspeling (2), Christo Coetzee, JP du Plessis. Strafdoel: Aspeling.

Frank Herne- twee drieë. (Foto: Hennie Homann/Steval Pumas)

Frank Herne- twee drieë. (Foto: Hennie Homann/Steval Pumas)

Westelike Provinsie 59 (26) – Drieë: JP Lewis (3), Chad Solomon, Cullen Collopy, Devon Williams, Eital Bredenkamp, Khanyo Ngcukana, Robert du Preez. Doelskoppe: Du Preez (7).

Pumas 53 (29) – Drieë: Frank Herne (2), Marcello Sampson, Lambert Groenewald (2), Brian Shabangu, Reuben Johannes, Deon Halberg. Doelskoppe: Justin van Staden (5). Strafdoel: Justin van Staden.

OP Kings 20 (8) – Drieë: Yaw Penxe (2), Courtney Winnaar. Doelskoppe: Michael Brink. Strafdoel: Brink.

Boland 110 (47) – Drieë:Ryan Nell (4), Christopher Bosch (4), Nico Scheepers (3), Hanno Kittshoff, Keenan Cronje, Sergio Torrens (2), William van Wyk. Doelskoppe: Scheepers (15).

Welwitschias 10 (10): Drieë: Malcolm Moore, Phillip Nashikaku.

Luiperds 28 (7) – Drieë: Bradley Moolman, Malherbe Swart, Jaco Hayward, Wilmar Arnoldi. Doelskoppe: Rhyno Smith (4).

George Whitehead - 19 punte. (Foto: Cheetahs Rugby)

George Whitehead – 19 punte. (Foto: Cheetahs Rugby)

Goue Leeus-vyftiental 64 (26) – Drieë: Lourens Erasmus (2), Jacques van Rooyen, Jarryd Sage, Ramone Samuels, Cyle Brink, Sylvian Mahuza, Ruan Ackerman, Rohan Jansen van Rensburg, Anthony Volmink. Doelskoppe: Marnitz Boshoff (7).

Griffons 49 (27) – Drieë: Japie Nel, Vuyo Mbotho, Warren Williams. Doelskoppe: George Whitehead (5). Strafdoele: Whitehead (2). Skepdoel: Whitehead.

Vrystaat-vyftiental 33 (12) – Drieë: Jacques du Toit,  Refuoe Rampeta, Reinhardt Erwee (2), Tertius Kruger. Doelskoppe: Darren, Baron, Sias Ebersohn (3).

SWD 23 (10) – Drieë: Layle Delo, Lyndon Hartnick, Kurt Haupt. Doelskop: Jacquin Jansen. Strafdoele: Jansen, Thomas Kean.

Blou Bulle 28 (21) – Drieë: Ruben van Heerden, Divan Rossouw, Alandré van Rooyen. Doelskoppe: Tony Jantjies, Tinus de Beer. Strafdoel: Jantjies (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet Pompies ·

Scheepers druk 15 drieë, sy sentermaats druk 4 drieë elk maar die totale aantal drieë is 16? Piet Eberson, óf jy kan nie somme maak nie, óf jou feite is verkeerd óf jy is net eenvoudig die kluts kwyt… Maak reg ou maat, dis wrintiewaar baie swak beriggewing!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.