Sê nou maar Fitzpatrick het vir Le Roux aan die oor gebyt?

Johan le Roux – vir 19 maande geskors

Die skorsing van die Fidjiaanse haker Samu Suguturaga laat ʼn mens onwillekeurig terugdink aan die Springboksvaskopstut Johan le Roux.

Suguturaga is vir 20 weke geskors  nadat hy in die naweek op Ballymore in Brisbane aan die oor van die Queensland Reds-haker, Andrew Ready, geknibbel het.

Die voorval het tydens die kragmeting in die Aussies se Nasionale Rugbyreeks gebeur, ʼn wedstryd waarin Quade Cooper en Samu Kerevi saam met Ready vir Brisbane City teen  Rua van Fidji gespeel en met 45-36 gewen het.

Ready se oor is ná die wedstryd weer vasgewerk  en Suguturaga  het skuldig gepleit. Volgens die tugbeampte, Paul Tuffy, sou sy skorsing vyf maande gewees het as hy nie ʼn mondskerm gedra het nie.

Ek het vanoggend weer op You Tube na die voorval in 1993 se toets tussen die All Blacks en Bokke in Wellington gekyk toe Le Roux aan die All Blacks se haker Sean Fitzpatrick se linkeroor geknaag het. Dit het gevolg nadat Fitzpatrick vir Le Roux op die grond vasgehou het.

Kyk, niemand kan oorbytery goedpraat nie; dit moet heeltemal uitgeroei word, want dit hoort nie in rugby nie. Uit en gedaan.

Dit was ʼn oomblik van waansin, Le Roux was skuldig, hy is huis toe gestuur en is vir 19 maande geskors. Maar sê nou dit was andersom? Sou Fitzpatrick, wie se oor skaars gebloei het, ook vir 19 maande langs die kantlyn gewees het?

ʼn Paar jaar hierna in 1998 is die Engelse stut Kevin Yates vir ses maande geskors ná ʼn soortgelyke, maar veel ernstiger, voorval. Hy het vir Bath teen London Scottish gespeel en die flank Simon Fenn aan die oor gebyt.  Fenn moes ʼn operasie ondergaan en die wond is met 25 steke geheg.

Vyf maande? Ses maande? Negentien maande?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack Russl ·

Jy weet mos hulle moet een of ander faktor inwerk met die skorsing as dit ‘n SA speler is.

Dit gebeur gereeld. SA se SR spanne word vir weke geskors en dan vir ‘n soortgelyke (maar meer ernstige) oortreeding word die Aus of NZ spanne baie ligter strawwe gegee

wesley ·

Dit is dalk ook omdat dit n toets was, baie hoër aansiening en glo ook die eerste in sulke geval. Dit het skaamte op SA rugby gebring, tot Dr Luyt het dit so beskryf. Le Roux het ook nie n goeie disiplinere rekord gehad nie, en kort daarna nog n 7 week skorsing vir n kopstamp gekry. Too bad, so sad…

Jack Russl ·

Dit was verseker nie goed vir SA rugby nie.

Dit was ‘n toets en belangriker as die NPC, maar is toets rugby soveel belangriker dat die een 19 maande kry en die ander 5 maande. ‘n Oortreding bly ‘n oortreding, of dit nou ‘n laerskool wedstryd is en ‘n toets, vuilspel hoort nie daar nie.

Theuns ·

Kyk,Johan het een groot fout gemaak,hy moes eers sy mondstuk/mouthgum uitgespoeg het en toe gebyt het!Ja,nee die SA spelers word altyd harder gestraf as die NZ spelers,dis van om naar van te raak,dis hoekom ek tot my dood toe nooit NZ ondersteun nie!Net na Johan se voorval het die NZ stut Richard Lowe n Franse speler se oog amper uitgekrap en maar 2 weke gekry en met sy terugkoms het hy toe n speler erg getrap in n loskrum en toe 4 weke gekry as ek reg onthou?So waar is die geregtigheid in rugby ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.