Sê nou maar Jake het die Bokke langer afgerig?

Jake White. (Foto: YouTube)

ʼn Mens wonder steeds hoe die Springbokke sou gevaar het as Jake White in 2008 vir nog ʼn termyn as die Springbokafrigter aangestel sou gewees het.

Dit was een van die goue tydperke van Springbokrugby. Die Bokke het immers die Wêreldbeker-toernooi in 2007 onder White gewen.

Hy het ʼn wenpersentasie van 67% in sy termyn tussen 2004 en 2007 gehad. Hy het die Drienasies-kroon in 2004 gewen. Hy het die All Blacks drie keer geklop.

Voor dit het hy in 2001 die Junior Springbokkies in die Wêreldkampioenskap vir o. 21-spanne tot glorie gebrei.

Hy was een van Kitch Christie se assistente in die Wêreldbeker-toernooi in 1995 (wat die Bokke gewen het); hy was een van Nick Mallett se assistente in 1997/’98 toe die Springbokke in 17 toetse onoorwonne was.

Hy was een van Tonga se konsultante in 2014 toe die Tongane twee van hul drie toetswedstryde op hul Europese toer gewen het. Hy het wye draaie gemaak by die Sharks, Brumbies, Montpellier en rig nou Toyota Verblitz in Japan af.

White is weer in die nuus, want hy wou Donderdag telefonies met Rugby Australië gesels het om sy dienste aan te bied as die huidige afrigter, Michael Cheika, se Wallabies-kontrak aan die einde van aanstaande jaar (dalk nog vroeër) tot ʼn einde kom. Daar is ook sprake dat hy sy voelers uitgesteek het om by Jamie Joseph as Japan se afrigter ná aanstaande jaar se WB-toernooi oor te neem.

Maar die nuus oor sy moontlike gesprek met Rugby Australië het uitgelek en Raelene Castle, die uitvoerende hoof, het dit onmiddellik gekanselleer.

Het iemand vir White in die rug gesteek of was hý die sondaar?

Wat ʼn mens wel weet, is dat die Aussies die groot verloorder is, want White, al hou jy nie van hom nie, kon baie bygedra het.

Ja, hy het sy foute, soms skiet hy van die heup af, soms kan hy nie ʼn wag voor sy mond hou nie.

Maar gaan kyk maar hoe wêreldbrekers soos Bryan Habana, Jean de Villiers, Jaque Fourie, Frans Steyn, Fourie du Preez, Bismarck du Plessis, Victor Matfield, Bakkies Botha, Juan Smith en Schalk Burger onder hom ontwikkel het.

Dis tog waaraan enige afrigter gemeet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Willie ·

Ons rugby is nou in ‘n gemors, dan sou dit baie erger gewees net. Hoekom dink jy hy hou
nie uit by ander plekke nie, want hy vryf almal verkeerd op as gevolg van sy verwaandheid.

Callie ·

White sou weer die beker gewen het. Heyneke sou hom ook gewen het. Snorre het n wereld kampioenspan vernietig. Die spelers bo genoem was van die wereld bestes vir n lang tyd.

Kokkie ·

Enige afrigter wat daarna streef om die Bokke af te rig, het ‘n afrigtersdoodswens. Selfs nie die allerbeste afrigter in die wêreld sal hond haaraf maak met die politieke inmenging in ons port nie. Steve Hansen van die All Blacks het hom ook al duidelik daaroor uitgespreek. En bowendien moet die afrigter nog WC toe gaan met ‘n voorgeskrewe kwota. Geen wonder dat die springbokafrigtersbegraafplaas so vol doodsbeendere lê nie.

Swartwolf ·

Jake was een van die bestes. Hy het ook nie geswig onder kwota nonsens nie. Kyk na sy spelers, amper elke een ‘n “world beater” in sy eie reg. Vergelyk hom en sy kaptein John Smith met die narre wat ons vandag het. Rassie dans na ANC pype en mens weet nie of Kolisi ly of lei nie……..

Nico ·

White het wêreldbeker net gewen omdat ander spanne vir AUS en NZ uitgehaal het want hy sou in 2007 nie een van daardie spanne in die eindstryd geklop het nie. Dit het dan maar broekskeur gegaan teen ENG. Vat jy die skinkbord oorwinnings teen mickey mouse spanne weg dan is hy waarskynlik swakker as wat toetie was en Rassie nou is. Ierland het met hom gemors daardie tyd al. Dink net wat sou die EU spanne nou met hom gemaak het noudat hulle nie meer mickey mouse spanne is nie.
Al wat goed en groot aan White is, is sy eggo.

Vraagteken ·

36-0 teen die finaliste. Need I say more? Punt bly, hy het ‘n trofeë en die res het nie.

Swartwolf ·

Dis snert. Jake het die bokke opgetel na ‘n loesing van 57-3 op Twickenham tot die wereldkampioene. Jy vergeet vinnig in die uitspeel fase in wereldbeker 2007 het bokke England 36-0 geklop en hulle was die wereldkampioene so jou “skinbord” teorie is nog groter snert. Bokke het die finaal perfek gespeel met lae risiko rugby en was heeltyd in beheer. Waar kom jy met Toetie is beter as Jake? Toetie se wenpersentasie oor twee jaar 33% en 53%. Jake oor vier jaar 67%. Dalk is jaloesie jou probleem.

Rinkhals ·

Jake wereldbeker wenner. Klop reeds vir England heersende kampioene 36-0 in uitspeel wedstryde 2007 wereldbeker. Eindstryd maklike wen met persentasie rugby. Jake wengemiddeld 67% oor 4 jaar Toetie 44% oor 2 jaar. Word wakker en proe die koffie.

Smirre ·

Bokke het England met 36 geklop in poel wedstryd en hulle was wereldkampioen waar droom jy nou dat bokke nie AUS of NZ sou klop nie? 2007 bokke kon enige span stukkend speel en hulle het. Vergelyk Os, John, Vic, Brian, Fourie met van die skoolseuns in huidige bok span ? Hulle sou 40 op hulle gesit het. Vergelyk net kaptein en leierskap potensiaal. John vs Kolisi ??? Asb tog….

Cuda ·

JW se WB 2007. Hmmm. Voor dit het Heyneke ‘n swak Bulle span herbou na een wat Currie beker finale gehaal en gewen het. Super 12 finaal gehaal en weg gewen het. Cheethas was ook uitstekend met manne Juan S. Sharks se du Plessies broers, Butch J, Frans S, het ook Super 12 final gehaal. Manne soos Victor M, Fourie d P, Danie R, Bakkies B en Brian H, het kern bydraes gemaak met die ervaring om druk situasies te speel. Volgens my was JW net op die regte plek op die regte tyd. Al sy ander afrigtingsposte sedertdien het maar ‘n storie agter die storie ding…! Glad nie so goed as wat meeste mense dink nie.

Vraagteken ·

Nee Cuda, in 2004 was ons 3-nasie kampioen, en tog het die superspanne baie sleg gespeel. In 2003 was ons niks en 2004 was ons die beste – gaan jy die bulle ook krediet gee hiervoor??? Dit is absoluut SNERT om te sê dat hy sleg was.

Cuda ·

Vraagteken. Ek het na Bulle, Sharks en Cheetha spelers verwys wat in hulle eie reg reeds bewys het hulle kan op hoogste vlak speel. 2e JW het openlik issues met Bulle gehad. Die 36 – 0 game het FdP as individu ‘n massive aandeel gehad. FdP en Habana combo was ‘n drie druk masjien. Bakkies en Vic slot combo van die beste nog vir SA. Juan S & Schalk B se verdediging. Vic was man of the match in final. JW het niks van dit ontwikkel nie. Jammer dis juis JW se swakpunt om spekers te ontwikkel. Vra Sharks, Lions, Montpellier, Brumbies, ….

Anton ·

Sou beslis weer gewen het.
Hy sou beslis 100% meer van die vleuels gebruik gemaak het. Vanaf eerste vase reguit deur tot by piesang banana. Ten minste sou Brian Habana vir lank die rekord vir die meeste drieë op wêreld beker vlak gehou het.

Welldone Jake. Wens jy was nooit so gedump nie!

Nico ·

Vraagteken dit is reg hy het ‘n beker maar juis daardie beker ruk sy bevoegdheid uit verband.

Vraagteken ·

Nee, glad nie. Het jy nie die artikel gelees nie!? Voor Jake by die brumbies oorgeneem het, was hulle niks. Binne ‘n jaar het hulle die finaal in superrugby behaal. Asb, gee vir my feite wat jou stelling beaam dat hy onbevoegd was???

Rinkhals ·

Jake 67% bok wenpersentasie oor 4 jaar met ‘n wereldbeker. Toetie 47% oor 2 jaar. 2007 bokke speel wereldkampioene England stukkend 36-0 in pool games en wen die wereldbeker maklik in die final. Nie net sink kwota spelers die bokke nie kwota afrigters ook.

bollie ·

Overrated. Die wereldbeker het hom gered. Hy was so swak in ‘n stadium dat SARU hom van ‘n oosese toer wou terugroep. Ek dink wel hy is ‘n goeie tegniese ontleder van die spel maar dink nie hy is so ‘n goeie afrigter nie.

Vraagteken ·

Bollie, jy vergeet baie vinnig dat hy halfde van die span by die huis gehou het om te rus tydens daardie toer. Moet asb nie so selektief met jou feite wees nie?

RB ·

Toe Mickey Arthur die afrigter van Australië se krieketspan was het hul hom, in my opinie, vir hul swak spel blameer…Hy doen nou baie goed as Pakistan se afrigter, en die Aussie krieket is swakker as ooit…

Dalk beter vir Jake om daar weg te bly.

Ouma ·

Jake was nie intimideer politiek nie en die job gedoen waarvoor hy betaal was. Soos ons SA Rugby ondersteuners is wen sy doel en hy het geslaag. Dit maak hom een van die bestes. Word nie intimideer deur regering of spelers of kritiek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.