Selfs Simba sou hierop trots gewees het!

Marnus Schoeman se vyfde drie van die toernooi het die Lions se herlewing begin. (Foto: GB Jordaan)

Die Lions-herlewing in die tweede helfte op Emirates Airline Park was iets waarop enige TV-evangelis waarskynlik trots sou wees.

Die Rebels – Australië se voorste Superrugbyspan – het ’n voorsprong van 33-5 opgebou, maar die Lions het op ’n skitterende wyse in die tweede helfte teruggeveg om die wedstryd op ’n dramatiese wyse 36-33 te beklink.

Vier Rebels-drieë vóór rustyd en toe nóg een kort ná die spel hervat is, het gesorg dat waarskynlik selfs die mees stoere Lions-ondersteuner daaraan gedink het om sy rooi Citi Golf se Lions4Life-nommerplaat te verander.

Maar Marnus Schoeman se vyfde drie van die toernooi (gepaard met Bill Meakes se geelkaart) het die Lions weer rede gegee om te glo. En 30 minute se pragspel later, het hulle as oorwinnaars uit die stryd getree.

Daar was egter ook ’n tikkie drama.

Elton Jantjies in aksie (Foto: GB Jordaan)

Die jong Gianni Lombard het senuwees van staal: met die telling op 33-elk het hy die wenstrafskop tussendeur die pale geklits. Nogal in bykomende tyd.

In daardie tweede helfte het Malcolm Marx se span gespeel soos die vyftiental wat in drie agtereenvolgende eindstryde gespeel het.

Want vandag het hulle nie net saam met die groot honde geblaf nie; hulle het hulle sommer weggebrul.

Lions 36 – 33 Rebels

Puntemakers
Lions: Drieë: Malcolm Marx, Marnus Schoeman, Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Lional Mapoe. Doelskoppe: Elton Jantjies (4). Strafskop: Gianni Lombard
Rebels: Drieë: Reece Hodge, Quade Cooper, Bill Meakes, Isi Nasiarani, Tom English. Doelskoppe: Cooper (4)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Babertondaisy ·

Uitstekend Leeus soveel van vasbyt en terugveg lanklaas op ‘n rugbyveld gesien geluk met ‘n welverdiende wen.

pb ·

Mooi terug gekom lions.Maar gaan leer by die bulle…in n tawwe wedstryd vat jy 3 punte!!!
Jaag vir Jantjies weg. Hy is n disaster wat wag om te gebeur….absoluut swak en planloos

Gatvol ·

LOL: Stem saam . Die geelkaarte het eintlik die wa deur die drif getrek.

Al ·

Gelukkig het jy nie die game gekyk nie, want dan sou jy weet die stelling is total ongegrond.

Josua Keys ·

Enige span huidiglik in SA gaan goed lyk as die Leeus swak rugby speel, die Bulle kraai huidiglik koning omdat die leeus gesukkel het maar dis te verstane, met ‘n klomp nuwe gesigte in die span dit is wat die Leeus lankal nodig gehad het. Gister was baie goed vir die Leeus en die nuwe manne slot baie vinning in die spel patroon in en ja hulle staan steeds teveel driee af maar dit sal uitgeskakel word met ondervinding. Al wat ek weet is dat die Bulle nie meer vir lank goed gaan lyk nie want die Leeus is besig om terug te kom in die Super reeks dit maak die ander ondersteuners skielik bekommerd. Sunwolfs lê nog voor maar met goeie voorberyding die week en ‘n goeie wen teen die Sunwolf en dan gaan die leeus weer aan die bokant van die lys eindig. Een ding wat ek oplet by die Leeus is die gees onder die manne nie dieselfde soos die laaste drie jaar nie, dit is waar Warren die groot rol gespeel het ek hoop net hy is gou weer terug in die span, selfs Ross het baie vinniger om die skrums skoon gemaak en weer goed gelyk, die manne moet net mekaar vertrou en elke ou moet wys hy kan sy werk doen dit die gees herster die res kom vanself.

Therese van Schalkwyk ·

Jip. Veels geluk.
Altyd effe makliker om aan die gang te kom teen 14 man.

Al ·

Nou Theresa en Gatvol – hoeveel keer is hulle gewaarsku totdat die geel kaart uiteindelik gegee is? Hoeveel keer daarna is hulle gewaarsku so Der dat “n geel kaart gegee is. Maroela moet miskien reels wysig dat person die wedstryde moet kyk voordat kommentaar gelewer word.

pb ·

Seconds was swak..kon ten minste 4x geel gegee het. Hy was totaal buite beheer vd wedstryd…hoe kan jy die span seker 3 keer waarsku sonder geel kaarte?

Therese ·

Bedaar. Onnodig vinnig op die perdjie.
Dis tog ‘n feit dat dit makliker is teen 14 man, dan nie?
Bloot nóg ‘n aspek wat rugby bederf vir (sommige) toeskouers.
Sou verkies dat daar 30 spelers op die veld is ten alle tye, maar blykbaar is daar geen intelligenter oplossing, soos by sokker, nie.

Frans C ·

Laat ons eerlik en nugter na die vertoning kyk.Swys se proefneming deur nuwelinge ‘n kans te gee het in die eerste helfte in sy gesig ontplof.Dit was vir my verbasend dat hy so iets teen Australie se voorste span sou waag.

Dit is eers nadat die Rebels begin foute maak en die Lions se plaasvervangers die groentjies begin vervang dat die Lions momentum begin kry het.Waag so iets teen die
Crusaders en jy staar 60 punte en meer in die gesig.

Voeg daarby ‘n skeidsregter wat die kluts kwyt is en jy het ‘n resep vir twee helftes.
Selfs Genia se lofprysing na die tyd kan nie die feit wegsteek dat die Lions sonder die spelers wat weg is en huidige besering glad nie dieselfde span is wat 3x in ‘n eindstryd betrokke was nie.

Diegene wat Pro 14 kyk sal sien dat ‘n man soos Kriel die wêreld aan die brand speel.
Selfs die Jaquares sonder Sanchez en 7 van hul voorste spelers is nie langer ‘n span wat
‘n mens slapelose nagte besorg nie.

Die Bulls as hul kan voortbou is tans Suid Afrika se beste kans om erêns in die kompetisie te kom en behoort die Chiefs voorlangs maklik te klop en hul punte voorsprong te vergroot.Beste tans van ‘n klompie swak SA spanne.

Al ·

Nee, hy het ons amper weer gesink. Aai, kyk tog rugby voordat jy kommentaar lewer. Voorbeeld 1: Hulle agsteman druk naby die pale en hy kom van ‘heel teenoorgestelde righting aangehardloop. Sy eerste woorde aan die tmo is “I saw the grounding”. Hy kon dit onmoontlik sien. Voorbeeld 2: Hy het hulle vrek baie gewaarsku en slegs een geel kaart uitgedeel. Gelukkig weet ons Bollie kyk net weepee wedstryde en soek dus nou net weer geselskap.

bolla ·

Het wedstrydjie gesien. Welpies baie gelukkig om te wen. Kan definief dankie sê vir Seconds. Sou nie die wedstryd gewen het sonder Seconds se mildelike uitdeel van die geelkaart nie. Dalk tyd geword vir neutrale skeidsregters.

Babertondaisy ·

Bolla en die stompies se ook seker baie dankie vir Seconds na hul “oorwinning” met 2 teen die Leeus ?? As dit ‘n neutrale skeidsregter was het die stompies verloor en ‘n geel kaart aan die einde gekry. Dalk is neutrale skeidsregters die antwoord.

Al ·

Haai Bolla – jy kan darem bietjie wysheid ook kwytraak!! Die Leeus sal neutrale skeidsregters met ope arms verwelkom, want dan hoef ons nooit weer Seconds best blasers te kry nie. Enige een is beter as hy!! Ek hoor die suidewinde kla nou glad nie meer oor Peyper nie – hy help julle darem mooi die afgelope tweewedstryde!! Julle wil seker glad nie neutrale blasers gebruik nie, of hoe?

Bekommerd ·

Tyd dat Seconds opgelei word. Alhoewel Pyper hom baie gehelp het van die kant,
Seconds moet eers klup rugby gaan blaas en stelselmatig opkom na GROOT rugby toe.
Hy IS NIE op STANDAARD nie.

Duiwelsadvokaat ·

@ babertondaisy & AL….waar woorde wat jule spreek voorwaar. Ironies hoe bolla nou swyg soos die graf oor arme Peyper wat dan altyd so lelik met sy stormpies is.

LOL ·

Peyper het snoek en wyn ontdek hierdie jaar, nou gaan alles reg vir Stormers.

nico k ·

As mens nou nugter na die wedstryd kyk, sonder al die emosie wat baie hierbo so lief voor is, dan is dit duidelik dat die Leeus nie dieselfde span is wat hulle was nie. Hulle het goed teruggekom in die 2de helfte, toe die Rebels baie moeg gelyk het op die hoëveld, maar so iets sal hulle nie help in Australasië nie. Dit is duidelik dat die stryd tussen die SA spanne heeltemal oop is vanjaar. Enige van die 4 spanne kan nog bo in die afdeling eindig. (Die Jaguares lyk nie of hul ‘n bedreiging gaan wees nie.)

Jan ·

Toe Eskom met hul “uitstekende” dienslewering my krag afskakel en my TV vrek was die Lions 33 teen 5 agter . Ek kon dus nie die uitstekende terugvegpoging direk kyk nie. Om dit op n agterna basis te kyk is net nie dieselfde nie. Geluk Lions, al is hierbo heelwat menings dat julle baie deur die skeidsregter gehelp is. Ek is nou nog de moer in vir Eskom!

bolla ·

As dit nie vir Pypies was nie het die Stormers nog verder gewen. Pypies is net-net aanvaarbaar as Stormers teen ‘n oorsese span speel en ook net wanneer die Stormers duidelik die sterkste span is en nie kan verloor nie. In alle ander gevalle sal hy sy bes doen om teen die Stormers te blaas soos ou Tappe van ouds. ‘n Jakkals verander van hare maar nie van snare.

Babertondaisy ·

Ja bolla maar dat die stompies die sterkste span is en nie kan verloor nie gebeur nooit dis hoekom jy AL die refs kritiseer. Toe stompies teen die Leeus gewen het met 2 agv seconds best toe was die stompies SO goed volgens jou…… jou oggend en aandpraatjies verskil of is dit ook ‘n geval van ‘n jakkals……??

Babertondaisy ·

Ja bolla maar dat die stompies die sterkste span is en nie kan verloor nie gebeur nooit dis hoekom jy AL die refs kritiseer. Toe stompies teen die Leeus gewen het met 2 agv seconds best toe was die stompies SO goed volgens jou…… jou oggend en aandpraatjies verskil of is dit ook ‘n geval van ‘n jakkals……??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.