Selfs Skotte bedreig Bokke nou op ranglys

Selfs Skotland, wat voor die vorige toernooi om die Rugbywêreldbeker (RWB) min kans gegun is om die kwarteindronde te haal, bedreig nou Suid-Afrika se klaaglike vyfde plek op die wêreldranglys.

Die Skotte se rekordsege van 53-24 oor Australië (en met inagneming van die Springbokke se 35-6-oorwinning oor Italië) plaas hulle slegs 0.79 punte ná Suid-Afrika op die lys.

Die Bokke speel Saterdag teen Wallis, en het ʼn baie-baie groter as oortuigende sege nodig om hul plek te beveilig.

Onthou, hulle (die Bokke) speel eers weer in Junie, en die Sesnasiesreeks lê vir die Skotte voor.

Dis seker die eerste keer dat die Europese reeks Suid-Afrikaners met die bewerasie laat.

Dalk het die Skotte ʼn wekroep vir die Bokke: ʼn Span kan uit ʼn laagtepunt herrys – al moet hy spelers soos WP Nel, Josh Strauss, Allan Dell, Huw Jones en Cornell du Preez gebruik om hom te help ophef.

Intussen het Ierland die Wallabies uit die derde plek gedwing en is daar die eerste keer in ʼn lang tyd twee Noordelike Halfrondlande tussen die topdrie, met Engeland steeds tweede ná die oorheersende All Blacks.

Argentinië (agtste) is nou voor Frankryk (negende) op die lys.

Namibië (23ste) se twee nederlae teen Uruguay (18de) het tot gevolg dat hy ná Hongkong (22ste) op die ranglys is.

Danksy die Duitse staking wat Chili in staat gestel het om Saterdag se toets tussen die twee lande met 32-10 te wen, het die Suid-Amerikaners met vier plekke tot nommer 24 gevorder, en Duitsland is van 24ste tot 26ste afgeskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jakkalas ·

Ja wat kan mens sê……? Dan is daar mense wat dink dat Rassie alles sal kom oplos in SA rugby. SARU in sy geheel moet ontbind word en nuwe strukture in plek gesit word. Te veel “groot koppe” wat niks weet van rugby en vet salarisse trek. Stel mense aan wat nog lief is vir die game en passievol is daaroor. Nie net geld vat vir niks doen nie. Proewe moet terug gebring word en kry ‘n regte coaching span. Te veel “dooie hout ” in SARU.

Gatvol ·

Ek het so n spesmaas dat die Zuptas ook in SA Rugby betrokke is!!!

Jakkalas ·

Rassie sal dit nie alleen reg kan kry nie om SA rugby om te draai nie. Dit gaan ‘n gesamentlike poging verg van alle ernstige rugby liefhebbers vat en BAIE geduld van die ondersteuners. Los net die politiek verdomp uit alle sport uit. Kies spelers op form en die beste in posisies. Speel die game soos hy gebeur voor jou en raak kreatief as spelers. Doen weg met oor-analisering van game plans en statistieke. Speel net goeie rugby dis al………..

Gatvol ·

Ek het so n spesmaas dat die Zuptas ook in SA Rugby betrokke is!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.