Selfs Skotte verby Bokke op ranglys

Selfs Skotland vaar deesdae beter op die wêreldranglys as die Springbokke.

So onlangs nog as met die vorige toernooi om die Wêreldbeker (2015) is Suid-Afrika as die wêreld se tweede beste span geag; die beroepswedders het Skotland se kans om die beker te wen op 200-1 gestel, Suid-Afrika s’n op 7-1.

Nou het die wiel gedraai en Skotland is nommer vyf op die ranglys – Suid-Afrika is ná ʼn kort rukkie op nommer vyf wéér sesde.

Ja, drie van die vier sogenaamde tuisunies, Ierland (tweede), Engeland (derde) en Skotland word sterker as die Bokke gereken.

Die All Blacks is steeds eerste, die Wallabies is derde.

Van die tradisionele eerstevlak-rugbylande vaar net Wallis (sewende) en Frankryk (agste) swakker as Suid-Afrika.

Die status quo behoort darem nou gehandhaaf te word tot met die Junie-toetse.

Dan kry die Bokke, met hul nuwe hoofafrigter, Rassie Erasmus, darem weer seggenskap in hoe hulle op die ranglys vaar.

♦ Op die laer vlakke het Bosnië en Herzegowina ʼn volle vyf trappies van 74ste tot 69ste geklim ná sy sege van 20-17 oor Andorra in Afdeling 1 Suid van die Europese Kampioenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Herman Goosen ·

Nie eens ‘n wereld klas afrigter kan die Springbokke se aansien red nie. Dit is duidelik dat die dae toe ‘n Springbok trui vrees in die teenstander ingeboesem het lankal verby is. Swak bestuur en verkeerde beleid gaan goeie afrigitng in die wiele ry. Ek dink nogal jy het ‘n goeie kans deesdae om te wen as die Springbokke jou opponent is, en dit wil my voorkom die res van die wereld dink ook so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.