Selfversekerde Sharks pak Chiefs

Die Sharks is tans onoorwonne op hul oorsese toer. Foto: Facebook.

“Is ons seker die Sharks het ’n afrigter?” vra ’n iemand op Twitter. “Een van die pa’s help uit,” skerts ’n grapjas terug.

Die Sharks se afrigter, Robert du Preez, se afrigtingsvermoë is die afgelope ruk ʼn geselspunt.

Du Preez behoort egter baie trots op sy span te wees nadat hulle verlede week gelykop (21 elk) met die Crusaders in Christchurch gespeel het.

Nou het die Cell C Sharks ’n paar veranderinge vir Saterdag se stryd teen die Chiefs in Hamilton gemaak. Die span het tot op hede met die Waratahs afgereken, terwyl verlede week se Crusaders-uitslag hulle baie selfvertroue gegee het.

Agterlangs vervang Marius Louw vir André Esterhuizen, met Fezokuhle Mbatha, Tyler Paul, Luke Stringer en Kobus van Wyk op die bank.

Te veel selfvertroue kan ook nie goed in dié reeks wees nie. Pas na die Durbaniete byvoorbeeld die Lions op Emirates Airline Park vermorsel het, het hulle 50 punte teen die Jaguares afgestaan.

“Ons weet hoe moeilik dit is om te toer en hoe taai dié reeks is. Om die Waratahs vir die eerste keer in amper 20 jaar in Sydney ore aan te sit, was dus ’n skitterprestasie; om nie eens van die gelykopuitslag teen die Crusaders te praat nie,” het Du Preez gesê.

Sharks: Aphelele Fassi (heelagter), Sbu Nkosi (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Marius Louw (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Curwin Bosch (losskakel), Louis Schreuder (skrumskakel en kaptein), Philip van der Walt (agtsteman), Jean-Luc du Preez (flank), Jacques Vermeulen (flank), Ruan Botha (slot), Hyron Andrews (slot), Coenie Oosthuizen (stut), Kerron van Vuuren (haker), Thomas du Toit (stut). Plaasvervangers: Fezokuhle Mbatha, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, Tyler Paul, Luke Stringer, Cameron Wright, Robert du Preez, Kobus van Wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico K ·

Ek is hier aan Robert sr. se kant. (En ek hou niks van hom nie. Het hom op universiteit geken. Groot bakleier.) ‘n Losskakel hardloop min met die bal. Daar is nie geleenthede nie. Los Bosch op heelagter. Vandaar kan hy hardloop. Op losskakel soek jy deesdae ‘n ou wat kan verdedig en die bal vasmaak as dit moet. Anders laat loop jy na die senters en vleuels. Hulle moet hardloop. Robert jr. is sterk. En sy skopwerk was nog altyd uitstekend. (Is vanjaar bietjie af. Maar daaraan kan gewerk word.)

Bekommerd ·

Ek sien die Bulle speel 4 wedstryde teen NZ en AUS. Het die ander spanne ook 4 gespeel of net 3?
Iewers het ek iets gemis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.