September weer tyd vir gewilde Bosveldsewes

Brits II wat Cullinan II geklop het.

Brits II wat Cullinan II geklop het.

Dis een van die dae September en weer tyd vir die gewilde Bosveld-sewestoernooi op Brits.

Suzette Grobler, die klub se sekretaresse, sê spanne van plekke soos Rustenburg, Pretoria, Krugersdorp, Klerksdorp en Cullinan gaan neem graag deel aan die heerlike dag van hardlooprugby wat vanjaar 10 September plaasvind.

Die wedstryde begin 08:00 en word op twee velde gespeel.

Grobler sê heerlike eetgoed sal beskikbaar wees asook `n springkasteel vir die kleingoed.

bosveldsewesSpanne wat nog wil inskryf, kan haar by (012) 252 1919 bel.

Die sluitdatum vir inskrywings is 31 Augustus.

Carlton-B-eindstryd

♦ Intussen speel Brits se tweede span Saterdag 15:15 op Loftus Versfeld teen die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) se tweede in hul afdeling van die Carltonliga B se eindstryd.

Grobler laat weet die span het Cullinan II die afgelope Saterdag 41-27 geklop nadat hy rustyd reeds 22-10 voor was.

“Die voor- en agterspelers het soos een man ingeklim om die wedstryd in Brits se guns te beklink,” het sy aan Pale Toe! gesê.

Martin Greyling, Pieter Voges, Pieter Prinsloo en Rohan Viljoen het elk `n drie gedruk en Le Roux Collins het twee keer agter die doelyn gaan kuier. Herman du Preez het met vier doelskoppe en `n strafdoel vir 11 punte gesorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.