Ses nuwelinge en ander kaptein vir Pumas

Brian Shabangu in aksie vir die Pumas teen die Blou Bulle. (Foto: André Meintjes/Steval Pumas)

Die Pumas het ses Curriebeker-nuwelinge ingesluit in hul span wat Saterdag op Nuweland teen die Westelike Provinsie speel, en ʼn ander kaptein gekies.

Luidens ʼn verklaring deur die bond spruit die stap uit die druk op spelers wat die Pumas se twee wedstryde in drie dae meebring.

Die flank Brian Shabangu, wat die afgelope drie seisoene in 32 wedstryde vir die Pumas gespeel het, is die nuwe kaptein.

Drie rekrute van die Kings af is tussen die nuwelinge: Cameron Lindsay (slot), Stefan Willemse (flank) en Chris Cloete (bank). Laasgenoemde se verwagte buiging verlede week het deur die mat geval toe hy siek geword het.

Willie Engelbrecht (agsteman), van die Blou Bulle af, Kobus Marais (losskakel), wat verlede jaar vir die Bulle in die reeks gespeel het, en Theo Maree (skrumskakel), ʼn leenspeler van die Blou Bulle af, is die ander wat hul eerste Curriebekerrugby vir die span van Nelspruit speel.

Die loskopstut De-Jay Terblanche speel in sy 165ste wedstryd vir die bond, en kruip nader aan Francois Rossouw se rekord van 183.

Die span –

15. Devon Williams, 14. Jean-Paul Lewis, 13. Gerrit Smith, 12. Sias Ebersohn (onderkaptein), 11. Ruwellyn Isbell, 10. Kobus Marais, 9. Reynier van Rooyen, 8. Willie Engelbrecht, 7. Stefan Willemse, 6. Brian Shabangu (kaptein), 5. Cameron Lindsay, 4. Stephan Greeff, 3. Jacques Kotze, 2. Mark Pretorius, 1. De-Jay Terblanche. Bank: 16. Frank Herne, 17. Louis Albertse, 18. Jannie Stander, 19. Chris Cloete, 20. Theo Maree, 21. Justin van Staden, 22. Jerome Pretorius.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.