Ses oorsese Bokke terug, Etzebeth straks reg vir Franse

Faf de Klerk en Willie le Roux – terug by die Springbok-groep. (Foto: Twitter@fafdeklerk)

Die terugkeer na die Springbok-toergroep van ses spelers wat in die laaste toets teen die All Blacks gespeel het, gaan oor meer as net wat hulle óp die veld kan bydra.

Benewens hul terugkeer is daar ook die baie goeie nuus dat Eben Etzebeth waarskynlik Saterdag (22:05) teen Frankryk sal kan speel. Sy voetbesering blyk nie heeltemal so ernstig te wees as wat eers gemeen is nie, en daar sal Dinsdag besluit word of hy betyds vir die toets sal reg wees.

♦ Die grootste verrassing onder die ses terugkerendes is die skrumskakel Faf de Klerk, wat teen die verwagting in terug is by die Bokke.

Hoe dit werk, weet ʼn mens nie aldag nie, maar Rassie Erasmus moet ʼn spesiale pluimpie kry dat hy een van Wêreldrugby se vyf benoemdes vir 2018 se speler van die jaar terug in die Bokke se groep het.

Miskien is dit waarom De Klerk eers Maandag by die span aangesluit het nadat die ander reeds Sondagaand by die Bokke was.

Willie le Roux is ook terug, en te midde van die reëls en onderhandelinge oor wat kan en wat nie mag nie, is die werkesel-slot Franco Mostert ook weer deel van die Bok-opset.

♦ Vincent Koch, Cheslin Kolbe en Francois Louw is die ander drie wat weer by die Bokke is, maar sal na alle waarskynlikheid nie in die beginspan wees nie.

Veral Kolbe, ʼn neef van Suid-Afrika se (beseerde) voorste 400m-atleet Wayde van Niekerk, en Francois Louw wat in sy agste seisoen by Bath-rugbyklub is, sal egter waardevolle bydraes kan lewer oor die speeltoestande in Frankryk, Skotland en Wallis wat heelwat aanpassing vir die spelers en in  die taktiek kan verg.

Albei ‒ en veral Louw ‒ het al hoeveel wedstryde in die Europese Kampioenskap-reeks daar gespeel.

Koch se kennis van skrumwerk op die swaarder velde sal ook van groot waarde vir die Bokke wees.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Buffel ·

Skrumskakels is gewoonlik kleiner as rollie nog nie opgelet het nie. Dwergery is daaroor WP bekend is – SP, de Jongh, Aplon, en natuurlik die ultimate tuindwerg- Kolbe.

Wollie ·

Jippee.. met Willie terug sal ons weer meer skoppe sien ! Meer kans vir Franse besit en punte

B-man ·

Ja, Willemse se teenaanvalle was ‘n welkome verandering en opwindend. Willie sal skop mits hy nie aanslaan nie.

Potta ·

Gaan alles NIKS help as Marx aanhoudend sy springers mis nie….?

LHS ·

Die probleem het dalk by die springers gedeeltelik ook gele. Steeds volhard Erasmus om nie n behoorlike fetcher of kaptein te kies nie. Wat presies doen Koalise op die veld? Ons skrums word deesdae verpletter, hoekom? Waarom kan ons agterlyn nie driee druk nie, geen span sal aanhou wen net deur te verdedig nie. Antwoord, daar is geen spelskepper losskakel of senters nie.Iemand wat uit niks iets kan maak, behalwe stampkar rugby speel. Hou asb net vir Willemse baie ver weg van enige veld, so ook arme Francois Louw en praat nie eers van Schalk Brits nie.Kolbe, Papier en skynbaar Aplon as hy daar is, nie.

All Black ·

Die ou bok ondersteuners kan nou al begin verskonings soek. Hulle hoef nie te wag tot na die game nie. Wie of wat gaan dit wees? Die ref? Die ander spelers? Veld of lang vlug?

Derick ·

Watse boodskap stuur Rassie uit aan opkomende SA spelers?
Verlaat SA, gaan speel oorsee en jou kanse om vir die Bokke te speel is 100%

LOL ·

@ Denise. Almal erken dat Schalk Brits ‘n goeie speler is . Of hy wel in die huidige toergroep hoort en die feit dat sy mentorskap geen positiewe invloed het op Marx en Mbonambi is duidelik. Onthou met die Engelse toer na SA vroeer die jaar was Marx beseer en Mbonambi uitstekend behalwe vir een misplaaste ingooi wat eintlik die kaptein se skuld was. Schalk Brits is ‘n unieke soort haker wat nie van die vaste fasette hou nie en dus nie ideal vir toetsrugby. Om hierdie rede was hy nooit ‘n outomaties keuse vir die Springbokke nie; selfs op sy beste. Om Akker van der Merwe nie ‘n geleentheid te gee nie ten koste van Schalk Brits is nog ‘n Rassie geheim.

B-man ·

Waar is Jan Serfontein? Ek sal amper al ses die ander spelers ruil net om hom in die span te hê. Die ellende het beter breke gemaak, maar verloor besit in die tekkel. Jessie het amper nooit die bal gesien nie. Die eerste keer wat hy wel die bal gekry het (in 2de helfte) het hy goie veld gewen. Die ellende is te suinig.

Oupa D ·

Stem saam! Kon nog nooit verstaan wat ander sien en ek nie met die ellende. Nou weet ek, ek was eintlik reg – hy’s totaal eendimensioneel en voorspelbaar. Geen bedreiging vir ander spanne nie.

LHS ·

9 Faf 10 Jantjies 11 Huidige speler 12 Esterhuizen 13 Ruhan J v Rensburg 14 Ruan Combrinck 15 Willie. Bank Cronje, Pollard, Vorster, Serfontein, Andries Coetzee

Spark Plug ·

As julle gedink het saterdag het hulle balle weggeskop moet julle wag tot ou willie en faffie terug is in die span. Daai vleuels het nie bal gesien nie omdat delendeling nie weet van pass nie..so hulle gaan die bal weg hou van delendeling en eerder skop en hoop vir die beste

rollie ·

Jy kan nie pass as jou skrumskakel 10 minute vat om die bal weg te kry nie, jou hele agterlyn is onderdruk. De Allende moet krediet kry dat hy steeds in die omstandighede oor die voordeellyn kom, niemand anders sal kan nie.

Rinkhals ·

Die Ellende storm 0.5 m oor die voordeelyn. Versprei nie die bal nie, breek nie weg nie want daar is voorspelers wat vinniger as hy is. Gaan dan dood met die bal. Nee wat hy is verby sell by….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.