Ses oorsese Bokke terug, Etzebeth straks reg vir Franse

Faf de Klerk en Willie le Roux – terug by die Springbok-groep. (Foto: [email protected])

Die terugkeer na die Springbok-toergroep van ses spelers wat in die laaste toets teen die All Blacks gespeel het, gaan oor meer as net wat hulle óp die veld kan bydra.

Benewens hul terugkeer is daar ook die baie goeie nuus dat Eben Etzebeth waarskynlik Saterdag (22:05) teen Frankryk sal kan speel. Sy voetbesering blyk nie heeltemal so ernstig te wees as wat eers gemeen is nie, en daar sal Dinsdag besluit word of hy betyds vir die toets sal reg wees.

♦ Die grootste verrassing onder die ses terugkerendes is die skrumskakel Faf de Klerk, wat teen die verwagting in terug is by die Bokke.

Hoe dit werk, weet ʼn mens nie aldag nie, maar Rassie Erasmus moet ʼn spesiale pluimpie kry dat hy een van Wêreldrugby se vyf benoemdes vir 2018 se speler van die jaar terug in die Bokke se groep het.

Miskien is dit waarom De Klerk eers Maandag by die span aangesluit het nadat die ander reeds Sondagaand by die Bokke was.

Willie le Roux is ook terug, en te midde van die reëls en onderhandelinge oor wat kan en wat nie mag nie, is die werkesel-slot Franco Mostert ook weer deel van die Bok-opset.

♦ Vincent Koch, Cheslin Kolbe en Francois Louw is die ander drie wat weer by die Bokke is, maar sal na alle waarskynlikheid nie in die beginspan wees nie.

Veral Kolbe, ʼn neef van Suid-Afrika se (beseerde) voorste 400m-atleet Wayde van Niekerk, en Francois Louw wat in sy agste seisoen by Bath-rugbyklub is, sal egter waardevolle bydraes kan lewer oor die speeltoestande in Frankryk, Skotland en Wallis wat heelwat aanpassing vir die spelers en in  die taktiek kan verg.

Albei ‒ en veral Louw ‒ het al hoeveel wedstryde in die Europese Kampioenskap-reeks daar gespeel.

Koch se kennis van skrumwerk op die swaarder velde sal ook van groot waarde vir die Bokke wees.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swartwolf

Bly weg van dwergery af ……

Wollie

Jippee.. met Willie terug sal ons weer meer skoppe sien ! Meer kans vir Franse besit en punte

Potta

Gaan alles NIKS help as Marx aanhoudend sy springers mis nie….?

LHS

Die probleem het dalk by die springers gedeeltelik ook gele. Steeds volhard Erasmus om nie n behoorlike fetcher of kaptein te kies nie. Wat presies doen Koalise op die veld? Ons skrums word deesdae verpletter, hoekom? Waarom kan ons agterlyn nie driee druk nie, geen span sal aanhou wen net deur te verdedig nie. Antwoord, daar is geen spelskepper losskakel of senters nie.Iemand wat uit niks iets kan maak, behalwe stampkar rugby speel. Hou asb net vir Willemse baie ver weg van enige veld, so ook arme Francois Louw en praat nie eers van Schalk Brits nie.Kolbe, Papier en skynbaar… Lees meer »

All Black

Die ou bok ondersteuners kan nou al begin verskonings soek. Hulle hoef nie te wag tot na die game nie. Wie of wat gaan dit wees? Die ref? Die ander spelers? Veld of lang vlug?