Ses rooi kaarte wrang rekord vir SA klubrugby

rooi kaartDie ses rooi kaarte en `n gele wat Saterdag in `n klubwedstryd in Pretoria uitgedeel is, is `n wrang rekord vir SA klubrugby.

Eddie Grieb, statistikus van die SA Rugbyunie (Saru) en mede-redakteur van die SA Rugbyjaarboek, sê daar is nie regtig rekords hiervoor nie.

“As daar was, sou `n mens tussen eersterangse rugby en nie-eersterangse rugby onderskei. Klubrugby val onder laasgenoemde soort. Dit sal gewis `n klubrekord wees.”

Die kaarte is uitgedeel in `n wedstryd tussen die tweede spanne van Pretoria Polisie en Dragons in die Noorderbonde se Assupolreeks.

♦Op hoër vlak is daar twee gevalle waar drie rooi kaarte in `n wedstryd in Suid-Afrika uitgedeel is. Dit is die meeste nog.

In die berugte Wêreldbekertoets tussen Suid-Afrika en Kanada in 1995 in Port Elizabeth het James Dalton (Suid-Afrika), Gareth Rees en Rob Snow (Kanada) rooi kaarte gekry.

Verlede jaar in die wedstryd tussen die Sharks en die Chiefs in Durban, het Bismarck du Plessis, Frans Steyn (Sharks) en Hika Elliott (Chiefs) rooi kaarte gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rugby ouer ·

In skole rugby het dit ook so gegaan die naweek. Hoërskool Marais Viljoen in Alberton se 1ste span het sommer drie rooi kaarte gekry. Skande!!!!

François ·

Klink vir my die probleem lê by onbevoegde skeidsregters. Lyk vir my of hulle ‘trigger happy’ geraak het. Dis mos ongehoord, man!

Henk ·

Francois, in ‘n groot mate stem ek saam. Die probleem in rugby is voor die handliggend. Kinders word deesdae skeidsregters. Ouens wat NOOIT in hulle lewe eens klubrugby gespeel het nie, word skeidsregters. SA Rugby en sy skeidsregterbrigade het dit verloor.
Ek wil nog sien hoe die probleem opgelos gaan word. Hoe gaan 20 jariges respek verdien van 35 jarige klubspelers? Maar dan sit ons met daai 10% rugby hooligans. Wat danksy druk van ouers en onderwysers die steriods gebruik asof dit die laastes op die mark is (en dit speol oor na die jare wat volg) want hulle MOET presteer. Ongeag die negatiewe newe effekte. Waarvan aggressie een van die vele is.

Nico K ·

Ek sit nou en dink hoe moeg die oorblywende 24 spelers gewees het wat op die veld oorgebly het. Dit was amper ‘n sewes wedstryd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.