Sesnasies-kragmeting uitgestel

Die Franse rugbyspan. Foto: AFP.

Die naweek se Sesnasies-wedstryd tussen Frankryk en Skotland in Parys moet noodgedwonge op ’n latere datum gespeel word. Dit kom nadat ’n rits van die tuisspan se spelers en bestuur positief vir Covid-19 getoets het.

Daar is aanvanklik gehoop dat die wedstryd sou voortgaan, maar toe ’n 16de Fransman positief vir die virus getoets het, is daar onmiddellik besluit om die kragmeting uit te stel. Volgens organiseerders sal ’n nuwe datum binnekort deurgegee word.

Hoewel die Franse rugbybeheerliggaam (FFR) nie die naam van die jongste speler wat die virus opgedoen het wou bekend maak nie, is hulle reeds sonder drie van hul grootste sterre.

Die vlugvoetige skrumskakel Antoine Dupont, hul kaptein Charles Ollivon en afrigter Fabien Galthie was almal reeds in isolasie.

Frankryk het tot dusver al twee hul wedstryde in die reeks – teen Italië en Ierland – gewen. Hulle moet op 13 Maart teen Engeland op Twickenham kragte meet, terwyl hul veldtog aanvanklik in die daaropvolgende week teen Wallis tot ’n einde sou gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.