Sesnasies-reeks: Ierland kry titel op ʼn skinkbord

Eddie Jones – die druk sal nou toeneem. (Foto: Twitter)

Wat nou, Eddie Jones?

Nadat die Engelse rugbyspan vir langer as ʼn jaar onoorwonne was, het hy Saterdag sy tweede opeenvolgende nederlaag gely toe hy twee weke gelede teen Skotland verloor het.

Frankryk het Engeland Saterdagaand met 22-16 in die Sesnasies-reeks geklop.

Ierland het vroeër in Dublin Skotland met 28-8 geklop en die Rose moes dus met ʼn bonuspunt in Parys wen om nog ʼn buitekans te hê om sy Sesnasieskroon te behou.

Nou maak dit nie meer saak nie. Jones se droom lê aan skerwe en die Iere is die nuwe kampioen, want die laaste wedstryd teen Engeland is nou merendeels van akademiese belang.

Engeland het verlede week ook teen Skotland vasgeval.

Soos ek die Engelse rugbyjoernaliste en oud-spelers ken, sal die lang messe vir Jones nou geslyp word.

Hy is immers ʼn Aussie, sal daar geskimp word – en ook dat Engeland teen te stadige tempo speel, te veel strafskoppe afstaan; hulle steek af by die afbreekpunte, hul spankeuse laat veel te wense oor … en so sal hulle aangaan.

Maar kom ons gee eer waar dit toekom. Die Franse het hul beste vertoning in 18 maande vir Parys gebêre. Hulle gaan ook gebuk onderbeserings, en van hul beste spelers is steeds nie oorweeg nie ná ʼn onsmaaklike voorval die aand ná die onlangs toets teen Skotland in Edinburg.

Maar wanneer enige Franse span met die regte voet uit die bed klim en die Hane met die regte gesindheid opdraf, kan jy maar seker wees, hulle gaan pronk.

Die Iere se oorwinning vroeër Saterdag teen Skotland was pure plesier en hulle verdien alle eer wat na hulle kant toe kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

What a joke! ·

Hahahaha ou eddie grootbek aussie..lekker man lekker.
Welkom terug moeder aarde toe!

Johan ·

As mens rugby en kwaliteit afrigters nie verstaan nie dan verlustig jy jou in ‘n pronk span se nederlae.
Die feit is dat die top afrigters en die top spanne die dwarslat vir wen rugby elke jaar hoër en hoër maak. Die uitstekende afrigters leer en pas toe en kort voor lank begin hulle spanne ook wen.
So was dit met die All Blacks vir baie wedstryde, toe kom die Iere en Engeland se rugby in daardie uitgelese groepie spanne wat ‘n rugby liefhebber graag na kyk. Die Britse en Ierse Leeus deel ‘n reeks met die All Blacks.
In Suid-Afrika het die Leeus die toon aangegee. Ek is oortuig dat die beter afrigters en spanne by hulle geleer het en, kort voor lank sal hulle (en die Iere en die Britte en die All Blacks) die dwarslat veel hoër moet lig is hulle bo wil bly.
Ons is bevoorreg om soveel kwaliteit rugby in hierdie jare te hê

Charles ·

Johan stem beslis saam. Afrigters en bestuur kan ook maar net soveel bydrae tot die spel maar dit is eintlik die 15 spelers op die veld wie die verantwoordlikheid het om die knoop deur te haak en dan ook afhangende van hul opponente. Onthou die spelers kan net so goed speel as wat hul opponente hul toelaat! Sit dus agteroor en geniet die spel, maak nie saak wie wen nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.