Sesnasiesreeks: Iere, Engeland kraai koning

Rassie Erasmus voor gister se halfeindstryd. (AP Photo/Eugene Hoshiko)

Ierland se rugbyspan het Saterdag in Dublin sy neus voorgekry om vanjaar as die Sesnasies-kampioen gekroon te word, terwyl Engeland ook sy aanslag  voortsit.

Die Iere het Wallis met 24 – 14 geklop nadat hulle rustyd met 12 – 7 voor was.

Die Iere is ná twee wedstryde die enigste onoorwonne span, hoewel die Franse later Sondagmiddag by hulle kan aansluit wanneer hulle teen Italië speel.

* In Edinburgh het Engeland in gure weer die Skotte met 13 – 3 geklop in ʼn wedstryd wat so gou as moontlik vergeet sal word.

Die Engelse het darem die Calcutta-beker wat op die spel was, ná twee jaar weer gewen.

Dit het alles gebeur terwyl die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, op Murrayfield was om die Skotte, wat in Julie teen die Bokke speel, dop te hou.

Volgens Rapport se inligting het Erasmus glo ook met die Engelse rugbybase vergader wat belangstelling  toon om hom as hul volgende afrigter aan te stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.