Sewe Bokke vrygestel om Curriebekerrugby te speel

Dillyn Leyds – terug by die WP (Foto GB Jordaan)

Allister Coetzee het sewe spelers van die Springbokgroep vrygestel om die naweek vir hulle onderskeie provinsies Curriebekerrugby te speel.

Die losskakel Handré Pollard kry uiteindelik kans om ná sy lang besering weer sy voete op provinsiale vlak te vind, maar in hoe ʼn mate dit sal gebeur met Rudy Paige wat ook die naweek deur die Blou Bulle as sy skakelmaat ingespan mag word, is ʼn ope vraag.

Benewens hierdie twee is die Westelike Provinsie se senter Damian de Allende, wat self maar min rugby as plaasvervanger gespeel het, ook vir die Westelike Provinsie beskikbaar. Saam met hom is die spelbreker Dillyn Leyds ook vrygestel  vir die Streeptruie terwyl sy stut-spanmaat Wilco Louw se oproep na die Bokke tydelik stopgesit is.

Die twee Sharks wat nog glad nie in enige van die toetse ingespan is nie, Dan du Preez en Chiliboy Ralepelle, is ook vir die Sharks vrygestel.

Dit is ʼn ope vraag of Ralepelle deur Robert du Preez bo Akker van der Merwe ingespan sal word; net so met John Mitchell wat besig is om by die Blou Bulle span te bou. Hy sal waarskynlik nie graag die kontinuïteit met ʼn nuwe skakelpaar, wat hy nog glad nie onder hande gehad het nie, teen die Sharks wil verbreek nie.

Die sewe spelers wat vrygestel is, is Damian de Allende, Dillyn Leyds en Wilco Louw (al drie WP),  Chiliboy Ralepelle en Dan du Preez (Sharks), en die Blou Bulle se Handré Pollard en Rudy Paige.

Die Springbokspan vir die toets op 30 September teen die Wallabies in Bloemfontein, kom Sondag in die  Rosestad weer bymekaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rianto ·

Al die Bokke kan maar vrygestel vrygestel word om te speel… die manne het nie eintlik laasnaweek gespeel nie… lol….

Corrie A2JESUS ·

Rianto dit is waar, maar eintlik dink ek hulle moet vrygestel word om eers weer klub rugby te speel.

Herman Goosen ·

So jammer hulle stel nie die Springbok afrigter “vry” om ook nie beskikbaar te wees vir die Springbokke nie. Talle beleids maatreels deur Springbok bestuur en taktlose voorspelbare spel sal die Springbokke nog vir jare treiter. Nou en dan sal die Springbok bestuur noodgedwonge “hulp” gebruik om hulle beter te laat lyk. Maar ide onderliggende probleem is hier om nog lank te bly. Swak bestuur het al menige talent vernietig. Die Springbokke is maar net nog ‘n voorbelld van ‘n Afrika mislukking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.