Sewe veranderings in Leeus se opdrafspan

Die opdrafspan van die Goue Leeus wat Saterdag op Loftus Versfeld teen die Blou Bulle in die reeks om die Curriebeker kragte meet, toon sewe veranderings van die span wat Griekwas die vorige week geklop het.

Vier daarvan is in die agterlyn en drie in die agttal.

Ashlon Davids vervang Jaco van der Walt op heelagter, Stokkies Hanekom vir Jarryd Sage op binnesenter, Aphiwe Dyanti vir Anthony Volminck op linkervleuel, en Marco Janse van Vuren vir Dillon Smit op skrumskakel.

Fabian Booysen speel flank in Robert Kruger se plek, en in die voorry maak Justin Ackermann (loskopstut) en Pieter Jansen (haker) plek vir onderskeidelik Andrew Beerwinkel en Michael Willemse.

Jansen kom op die bank tereg.

Nico du Plessis, Jano Venter, Morné van den Berg en Jan-Louis le Grange is vars op die bank.

Die span –

15. Ashlon Davids, 14. Madosha Tambwe, 13, Stokkies Hanekom, 12. Jarryd Sage, 11. Aphiwe Dyantyi, 10. Shaun Reynolds, 9. Marco Janse van Vuren, 8. Ryan Kankowski (kaptein), 7. Fabian Booysen, 6. James Venter, 5. Marvin Orie, 4. Rhyno Herbst, 3. Andrew Beerwinkel, 2. Michael Willemse, 1. Sti Sithole. Bank: 16. Pieter Jansen, 17. Nico du Plessis, 18. Bobby de Wee, 19. Hacjivah Dayimani, 20. Jano Venter, 21. Morné van den Berg, 22. Jan-Louis la Grange.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.