Sewes: Blitsbokke trap spanne in Edmonton

(Foto: @Blitzboks/Twitter)

Die Blitsbokke kom vanaand om 18:26 teen Hongkong te staan in die kwarteindstryd van die Edmonton-sewestoernooi in Kanada.

In die laaste groepwedstryd het hulle Kanada met 49-0 getrap. Muller du Plessis het drie drieë gedruk en Selvyn Davids twee. Dit volg ná oorwinnings oor Mexiko (56-0) en Hongkong (43-5).

In die ander kwarteindstryde speel Amerika teen Brittanje (17:20), Ierland teen Kanada (17:42) en Kenia teen Duitsland (18:04).

Die Blitsbokke het verlede naweek se toernooi in Vancouver gewen deur Kenia met 38-5 in die eindstryd te klop. Dit lyk of kaptein Siviwe Soyizwapi en sy Blitsbokke hierdie week ook moeilik geklop gaan word.

Puntemakers:

Suid-Afrika 56 (35), Mexiko 0 (0)

Suid-Afrika – Drieë: JC Pretorius, Darren Adonis (2), Shaun Williams, Siviwe Soyizwapi, James Murphy, Muller du Plessis, Christie Grobbelaar. Doelskoppe: Dewald Human (5), Shaun Williams, Ronald Brown (2).

Suid-Afrika 43 (19), Hongkong 5 (5)

Suid-Afrika – Drieë: Muller du Plessis (2), Ronald Brown, Siviwe Soyizwapi (2), Sako Makata, Selvyn Davids. Doelskoppe: Dewald Human (2), Ronald Brown, Selvyn Davids.

Hongkong – Drie: Max Woodward.

Suid-Afrika 49 (21), Kanada 0 (0)

Suid-Afrika – Drieë: Muller du Plessis (3), Zain Davids, Selvyn Davids (2), Siviwe Soyizwapi. Doelskoppe: Ronald Brown (6), Shaun Williams.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Moeggeploeg ·

Is daar enige wêreldklas spanne teen wie hulle meeding?
Hong Kong, Mexico….is dit kompetisie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.