Sewes-Wêreldbeker: Dis reg of weg sonder herstelkans in dié toernooi

Tussen die baie verstrikkings in Wêreldrugby se amptelike mediaverklaring blyk dit dat die Blitsbokke en die ander sewe voorste gekeurde spanne, deur ʼn enkele neerlaag in die Wêreldbekertoernooi, uitgeskakel sal word.

Daar is nie kans om, soos in die sewesreeks van Wêreldrugby, ʼn wedstryd in die groepronde te verloor en steeds die kwarteind te haal nie.

Hoe werk dit? Daar is 24 mansspanne wat aan die Wêreldbekertoernooi vanaf 20-22 Julie in San Francisco sal deelneem. Sestien van hulle is die kwalifiseerders wat van negende tot 24ste vir die toernooi gekeur is en dit nie direk na die hooftoernooi gemaak het nie.

Dit sluit Kenia in, wat twee keer in die laaste drie toernooie – in Vancouver en Hongkong – die naaswenner in Wêreldrugby se sewesreeks was.

Hierdie 16 kwalifiseerders speel volgens hulle gekeurde posisies teen mekaar en die agt wenners in die kwalifiserende groep kom dan te staan teen die voorste agt spanne, wat van een tot agt gekeur soos volg gekeur is: Suid-Afrika, Fiji, Nieu-Seeland, Engeland, VSA, Australië, Argentinië, Skotland.

Suid-Afrika, wat eerste gekeur vir die toernooi is, sal later op die eerste dag (Vrydag 20 Julie) teen die wenner van die twee kwalifiseerders, Ierland en Chili, speel.

Wen die Blitsbokke, speel hulle op die Saterdag teen die wenner die vorige aand se wedstryd, Skotland (agste gekeur) teen Kenia/Tonga. Verloor die Blitsbokke egter teen Ierland/Chili, is hulle uit die hoofkompetisie om die Melrosetrofee en speel hulle verder net om die minderwaardige plekke.

Die skedule om tot die eindstryd deur te dring, is soos volg:

Vrydag
Kwalifiserende ronde in die oggend en die middag (spanne wat van 9 tot 16 gekeur is).
Kompetisieronde van 16 (agt topgekeurde spanne teen die agt wenners van die bogenoemde kwalifiserende ronde).

Saterdag
Kwarteind van Bekerkompetisie: Die agt wenners in Saterdagaand se  Kompetisieronde van 16.

Sondag
Halfeind, eindstryd van Bekerkompetisie en uitspeel om plekke vir al die verloorders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.