Sexton sal Iere teen Bokke lei

Leinster en Ierland se Johnny Sexton. Foto: Twitter.

Die 37-jarige Johnny Sexton sal die Iere in hul toetse teen Suid-Afrika, Fidji en Australië op die veld lei.

Die ervare Leinster-losskakel het in 2009 sy internasionale buiging teen die einste Fidji gemaak en sedertdien is hy een van die bestendigste spelers op die groot verhoog.

Any Farrell (afrigter) het ook ses groentjies in sy groep van 37 spelers ingesluit. Ciaran Frawley, Jeremy Loughman, Joe McCarthy, Calvin Nash, Jimmy O’Brien en Cian Prendergast kan almal hul toetsbuiging in die komende wedstryde maak.

Die Springbokke en die Iere sal vir die eerste keer in ʼn paar jaar weer teen mekaar speel wanneer hulle op 5 November in Dublin kragte meet.

Ierland het die twee spanne se laaste ontmoeting in 2017 met 38–3 in Dublin gewen.

Ierland: Finlay Bealham, Tadhg Furlong, Cian Healy, Jeremy Loughman, Tom O’Toole, Andrew Porter, Dave Heffernan, Rob Herring, Dan Sheehan, Tadhg Beirne, Joe McCarthy, James Ryan, Kieran Treadwell, Ryan Baird, Jack Conan, Gavin Coombes, Caelan Doris, Peter O’Mahony, Cian Prendergast, Nick Timoney, Josh van der Flier, Conor Murray, Jamison Gibson Park, Craig Casey, Johnny Sexton (kaptein), Joey Carbery, Ciaran Frawley, Garry Ringrose, Robbie Henshaw, Stuart McCloskey, Robert Baloucoune, Mack Hansen, Hugo Keenan, Mike Lowry, Calvin Nash, Jimmy O’Brien en Jacob Stockdale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.