Sexton wil hê Iere moet op momentum voortbou

Ierland het weer eens met ’n skittervertoning teen die All Blacks vorendag gekom. Foto: Twitter.

Ierland het gister met ’n meesterlike vertoning vorendag gekom om die All Blacks met 29–20 in Dublin te klop.

Dit was die tuisspan se derde oorwinning in vyf toetse teen die Nieu-Seelanders en selfs prins William het saam met Johnny Sexton se span feesgevier.

“Wat ’n briljante rugbywedstryd!” het die hertog en hertogin van Cambridge op sosiale media gedeel terwyl hulle ’n “fenomenale” Ierse span met hul oorwinning gelukgewens het.

Maar hoewel die vreugdevure tans hoog brand, het Sexton ’n beroep op sy span en hul ondersteuners gedoen: Dít is net die begin en die uiteindelike doelwit is om die Webb Ellis-trofee omhoog te hou.

“Dit is belangrik dat ons met elke wedstryd verbeter. As dít ons beste wedstryd was, gaan dit nie juis iets vir enigiemand in die sak bring nie,” het Sexton gesê.

“Daar is ongetwyfeld ruimte vir verbetering – ons kon byvoorbeeld baie meer punte in die eerste helfte aangeteken het.

“Ons moet vasbyt, kophou en op hierdie prestasie voortbou. Daar is baie jong ouens in die span en hulle sal moet besef dat dinge nie hier moet eindig nie.”

James Lowe, die Ierse vleuel wat in Nieu-Seeland gebore is, was een van die tuisspan se sterre. Hy het ’n drie vroeg in die eerste helfte gedruk, ’n baie belangrike duikslag op Rieko Ioane uitgevoer en die bal oor die kantlyn gejaag toe die eindfluitjie geblaas het.

“Ek het nooit, ooit gedink dat ek teen die All Blacks sou speel nie, om nie eens van ’n drie te praat nie. Dit is ongelooflik om met só ’n vertoning teen die wêreld se voorste span vorendag te kom,” het Lowe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MakersMark ·

Ierland het gewys hoe. Wys geen respek vir hul aura, duik hul pap, en vat hul aan in die vaste fasette. Ierland was briljant.

Wiehan ·

Baie mooi Iere, Ek skree vir enige span wat die Engelse, All Blacks en die Aussies klop

Snowball ·

Grafstil is die gewoonlik baie uitgesproke NZ ondersteuners (veral as hulle in dieselfde asem die Bokke kan afbreek). Is hulle egos bietjie gekneus? Jis, en die haka raak erg vervelig julle. Hulle kan gerus hakas beperk tot wedstryde in NZ. Vir wat moet hulle altyd tyd gegun word vir die besigheid in elke rugbystadion dwarsoor die wêreld? So asof hulle spasie en tyd vir hulleself annekseer voor elke wedstryd. Sommer bog.

MakersMark ·

Haka raak bietjie moeg, veral die tong uitsteek en gesig trekkery en bloeddorstige geluide. Dit is seker deel van die kultuur maar om elke keer wreder te probeer lyk gaan die manne erger en erger aan dit begin al ontaard in ‘n grap. Dink die haka moet net in wedstryde in NZ gedoen word, en miskien groot finale soos die RWC etc.

Frans ·

Die aard van rugby verander want dit is nie langer spelers wat hul oorsprong in die land het waarvoor hul tans speel nie.Hoeveel Boereskotte en ALLBlack Iere moet daar nou in ‘n span wees? Gelukkig is die Bokke nog vry van dit,maar die All Blacks maak jare lank gebruik van Suid See eilande spelers om hul bo te hou.
Dalk moet plaaslike spanne begin om ‘n paat Keniane in te voer.’n Konsep wat my dwars in die krop steek is die sg “Great Britain’spanne wat niks meer is as die samevoeging van die beste spelers van ‘n paar lande.
Wonder hoe sou so’n span teen ‘Great Africa’ span gevaar het.’n Mens mag mos wonder?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.