Die Sharks se afrigter, Robert du Preez, het verlede week die Leviete aan sy senior spelers voorgelees nadat hulle hul Superrugbywedstryd met 17-24 teen die Brumbies verloor het.
Dit het niks gehelp nie, want Vrydag in Melbourne is die Sharks met 46-14 deur die Rebels oorrompel. Die Rebels, wat deur die onbesonge Suid-Afrikaner Dave Wessels afgerig word, het boonop ses drieë gedruk en die punteverskil van 32, is die grootste nog in die guns van die Rebels teen enige span.
Die Springbokhulpafrigter Jacques Nienaber is saam met die Sharks op toer, en dit sal baie interassant wees om te hoor watter terugvoer hy aan Rassie Erasmus sal gee.
Verdediging: Swak.
Wedstrydplan: Swak.
Uitvoer van basiese beginsels en besluitneming: Swak.
Dissipline: Swak.
Lê die fout nie dalk by die skrumskakel, Louis Schreuder, wat te veel op eie houtjie probeer doen nie? Hoekom is die losskakel, Robert du Preez nie, slegs ʼn skaduwee van die speler wat hy verlede jaar by die Westelike Provinsie was? Hoekom word die gevaarlike buite-agterspelers nie meer en behoorlik benut nie?
Die puntemakers –
Rebels (15) 46 – Drieë: Anaru Rangi, Amanaki Mafi, Billy Meakes, Will Genia, Ross Haylett-Petty, Fereti Sa’aga. Doelskoppe: Reece Hodge, Jack Debreczini (4). Strafdoele: Reece Hodge, Jack Debreczini.
Sharks (7) 14 – Drieë: Lwazi Mvovu, Marius Louw. Doelskoppe: Robert du Preez, Curwin Bosch.
Robert du Preez sukkel by die Sharks omdat hy by die WP agter ‘n pak voorspelers gespeel het wat ‘n beter kombinasie is as die huidige Sharks-pak.
Ja nee
Die du Preez span vaar nie waffers nie
En so ook maar die ander
Die probleem met die Haaie daar is te veel du Preez’s in en met die span betrokke.
Dom besluit van Robert Jnr. om WP te verlaat.
Koop nog Cheethas. Dis hoe hulle op gestaan het ne. Se maar net