Sharks bly op die wenpad

Curwin Bosch. (Foto: ANA)

Dit lyk of die Sharks nie links of regs van die wenpad sal afwyk nie nadat hulle gisteraand met Zebre in Durban afgereken het.

Die eerste helfte was egter ’n flouerige affêre en die tuisspan het ’n rustydvoorsprong van slegs 10 – 6 geniet.

Hulle het egter in die tweede helfte vlam gevat en drie drieë binne die bestek van 20 minute gedruk om die wedstryd uiteindelik met 38 – 6 te wen.

Sodoende is hulle nou sesde op die Verenigde Rugbykampioenskap-punteleer met 36 punte en binne trefafstand van spanne soos Edinburgh (39 punte), Munster (42 punte) en Glasgow Warriors (43 punte).

  • Puntemakers:

Sharks: Drieë: Henco Venter, Bongi Mbonambi, Khwezi Mona, Grant Williams en Curwin Bosch. Doelskoppe: Bosch (5). Strafskop: Bosch.

Zebre: Strafskoppe: Antonio Rizzi (2).

  • Die Stormers speel vanmiddag om 14:00 teen Cardiff. Die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.
  • Jongste VRK-punteleer:
  1. Leinster: 50 punte
  2. Ulster: 49 punte
  3. Glasgow Warriors: 43 punte
  4. Munster: 42 punte
  5. Edinburgh: 39 punte
  6. Sharks: 36 punte
  7. Bulls: 32 punte
  8. Ospreys: 30 punte
  9. Stormers: 29 punte
  10. Connacht: 28 punte
  11. Benetton: 23 punte
  12. Scarlets: 22 punte
  13. Lions: 21 punte
  14. Cardiff: 18 punte
  15. Dragons: 11 punte
  16. Zebre: 2 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.