Sharks, Cheetahs soek antwoorde in dié wedstryde

Robert du Preez Foto varsitycup.co.za

Robert du Preez Foto varsitycup.co.za

ʼn Mens weet nie mooi wat jy te wagte kan wees wanneer die Sharks Vrydagaand in Umlazi se Koning Zwelithini-stadion twee opwarmwedstryde teen die Cheetahs speel nie.

Dit is die aard van opwarmwedstryde dat daar voortdurend spelers geroteer sal word. Daar kan dus nie te veel in die spanne gelees word nie (en ook nie in die uitslae nie). Tog wil dit lyk of Du Preez en Smith albei nader begin beweeg aan hul uitsoekspanne.

Dit is die tweede jaar wat die Sharks as deel van hulle voorbereiding vir die Superrugby-reeks Umlazi besoek, nadat hulle verlede jaar ook wedstryde in Clermont en Kwa Mashu gespeel het.

Met Robert du Preez wat die eerste Superseisoen die span brei nadat hy by Gary Gold oorgeneem het en Pat Lambie wat nie net as kaptein aangewys is nie, maar ook beseringvry is, is daar entoesiasme in die kamp.

Du Preez het twee spanne aangewys wat verskeie opwindende spelers soos Jeremy Ward, die senteraanwins van die Kings, insluit. Ward, verlede jaar se Junior Springbokkaptein, speel in die middelveld in die vroeë wedstryd saam met die Namibiese senter Johan Deysel.

Dan verskyn Garth April, wat verlede jaar vir die SA A-span teen die Saxons uitgedraf het, se naam ook onder die plaasvervangers.

Die span wat Vrydagaand om 18:30 in die hoofwedstryd uitdraf, sluit verskeie staatmakers soos die lostrio Keegan Daniel, Philip van der Walt en Jean-Luc du Preez in.

Franco Smith, afrigter van die Cheetahs, sal die wedstryd gebruik om te bepaal watter spelers hulle hande vir plekke in die span wil opsteek. ʼn Man soos die Springbok Oupa Mohoje gaan dalk hierdie jaar moet uithaal om span te haal omdat hy en Uzair Cassim vir dieselfde plek meeding.

♦  Die wedstryd wat om 18:30 begin word op SS1 gebeeldsend.

Spanne vir die 17:00-wedstryd –

Sharks: 15. Rhyno Smith, 14. S’bura Sithole, 13. Johan Deysel, 12. Jeremy Ward, 11. Sbu Nkosi, 10. Inny Radebe, 9. Hanco Venter, 8. Tera Mtembu (kapt.) 7. Jean Deysel, 6. Francois Kleynhans, 5. Hyron Andrews, 4. Wian Vosloo, 3. Lourens Adriaanse, 2. Stephan Coetzee, 1. John-Hubert Meyer. Bank: 16. Juan Schoeman, 17. Gerhard Engelbrecht, 18. Jean Droste, 19. Kaya Majola, 20. Jacques Vermeulen, 21. Rowan Gouws, 22. Benhard Janse van Rensburg, 23. Odwa Ndungane, 24. Marius Louw, 25. Tristan Blewett, 26. Morné Joubert, 27. Garth April. 

Cheetahs: 15. Ryno Eksteen, 14. JP Smith, 13. Joubert Engelbrecht, 12. Ali Mgijima, 11. Ruan van Rensburg, 10. Fred Zeilinga, 9. Tian Meyer, 8. Junior Pokomela, 7. Oupa Mohoje, 6. Boom Prinsloo, 5. Francois Uys, 4. Dennis Visser, 3. Erich de Jager, 2. Elandré Huggett, 1. Ox Nche. Bank: 16. Zee Mkhabela, 17. Reinach Venter.

Spanne vir die 18:30-wedstryd – 

Sharks: 15. Curwin Bosch, 14. Kobus van Wyk, 13. Lukhanyo Am, 12. Andre Esterhuizen, 11. Lwazi Mvovo, 10. Patrick Lambie (kapt.), 9. Michael Claassens, 8. Keegan Daniel, 7. Jean-Luc du Preez, 6. Philip van der Walt, 5. Ruan Botha, 4. Etienne Oosthuizen, 3. Coenie Oosthuizen, 2. Chiliboy Ralepelle, 1. Tendai Mtawarira. Bank: 16. Juan Schoeman, 17. Franco Marais, 18. Lourens Adriaanse, 19. Jean Droste, 20. Hyron Andrews, 21. Francois Kleynhans, 22. Jacques Vermeulen, 23. Tera Mtembu, 24. Cobus Reinach, 25. Benhard Janse van Rensburg, 26. Sbu Nkosi, 27. Jeremy Ward, 28. Johan Deysel, 29. S’bura Sithole, 30. Clement Poitrenaud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.