Sharks draf Sunwolves kaf

Die Sharks het hul Superrugby-veldtog Saterdag met ʼn indrukwekkende sege oor die Sunwolves in Singapoer begin.

Die Sharks het die Sunwolves met 45–10 geklop. Hoewel die Sunwolves goed genoeg begin het, het hul dissipline hulle in die steek gelaat.

Die Sharks het die tweede helfte oorheers wat tot ’n belangrike bonuspuntoorwinning gelei het. Die Sharks het ʼn bestendige begin gehad met Rob du Preez wat ʼn strafskop deur die pale gejaag het. Shane Gates het kort hierna vir die Sunwolves oor die doellyn geduik.

Akker van der Merwe het egter die telling gelykop gemaak. Dan du Preez het in die 35ste minuut weer vir die Sharks punte aangeteken om die Sharks met 17–10 voor te laat loop. S’bu Nkosi het volgende oor die doellyn geduik om die telling op 24–10 te staan te bring met die aanvang van halftyd.

Makazole Mapimpi het kort na die aanvang van die tweede helfte die Sharks se vierde drie aangeteken. Dinge het van hier af net verder agteruitgegaan vir die Sunwolves nadat James Moore in die 61ste minuut met ʼn geelkaart gestraf is.

Van der Merwe het hierna sy tweede drie aangeteken en kort daarna was dit Jeremy Ward se beurt om oor die doellyn te duik.

Puntemakers:

Sunwolves 10 (10):

Drieë: Shane Gates. Doelskop: Hayden Parker. Strafskop: Hayden Parker.

Sharks 45 (24):

Drieë: Akker van der Merwe (2), Dan du Preez, S’bu Nkosi, Makazole Mapimpi, Jeremy Ward. Doelskoppe: Rob du Preez (5), Rhyno Smith. Strafskop: Rob du Preez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Behoort die Sunwolwes wat bestaan uit meer oud internasionale spelers as Japanners
werklik in die kompetisie?Die Cheetahs sou beter gevaar het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.