Mens kry rugbywedstryde waar daar baie punte aangeteken word, en dan kry jy die Bulls en die Sharks se voorseisoense opwarmingswedstryd in Ballito.
Ashton College het vroeër vanmiddag gasheer gespeel vir dié twee spanne in ’n vriendskaplike tweestryd. En hoewel daar nie baie drieë gedruk is nie – albei spanne het hul punte in die eerste helfte aangeteken – het dit steeds vir drama gesorg.
Handré Pollard het Schalk Brits se drie verdoel, terwyl die doelskop van Cameron Wright se Sharks-drie aanvanklik as onsuksesvol beslis is. Dié beslissing is egter ná afloop van die wedstryd verander en die spanne moes met ’n telling van 7-elk tevrede wees.
- Gisteraand in die Kaap het die Stormers amok teen die Bolandse Kavaliers gemaak om 87-5 te wen.
JP Schickerling, SP Marais, Nico Leonard en Jaco Coetzee het elk twee drieë vir die Stormers gedruk.
Die beslissings op die veld is finaal en uitslae kan nie na die tyd verander word nie.
… het ek ook gedink??
Die Bulls moet mos gehelp word, hoe lyk dit dan nou hulle verloor. Belaglik, waar hoor jy dan na game word die telling aangepas???
@Wiaan Swart
Kry tog jou feite reg asb……
As dit die tipe rugby is wat ons spanne speel, sit ek maar my geld op n NZ span.
Is dit al manier waarop die Bulls wedstryde gaan kan wen of gelykop speel?