Sharks in die eindstryd ná skrik in tweede helfte

Dankie tog vir ʼn redelik goeie tweede helfte wat die Curriebeker-halfeindstryd op Kingspark na iets laat lyk het.

Die Sharks is, soos verwag is, deur na aanstaande naweek se eindstryd met ʼn wentelling van 33-24 teen die Goue Leeus nadat hulle rustyd gemaklik met 18-3 voor was.

Dit was hard, maar het gewemel van foute op aanval en verdediging.

Die Goue Leeus se voorspelers was nie opgewasse nie, hul opsies op die agtervoet power en net die wilskrag om vas te byt het gemaak dat die Sharks nie met die omdraaislag verder voor was nie.

Kliphard van die Sharks se kant, maar onseker en rukkerig deur die Leeus het dit ʼn frustrerende eerste helfte gemaak, met die sterk wind wat sekerlik bydraend daartoe was.

Die 18-3 met rustyd het 15 sekondes ná die hervatting na 23-3 gegroei ná ʼn onaanvaarbare afskopbal wat laat wip is, en die Leeus se kanse het beroerd gelyk.

Maar watwou, toe begin die Leeus meer as net afval besit kry. Elton Jantjies, Howard Mnize en Lionel Mapoe begin skielik die ou-ou aflaai van die bal onder druk onder die knie kry, en toe die tuisspan hul oë weer uitvee toe staan die telling op 26-24 in die Sharks se guns.

Die struktuur van die eerste helfte van die Sharks se kant was ná rustyd eensklaps daarmee heen, en hulle het met die groot voorsprong in die agterkop net ná rustyd ook te los begin speel.

♦ Die Sharks sal moet beter, met hul spel én konsentrasie, as hulle die Curriebeker wil wen. Hul lynstane was nie wonderlik nie met die Springbok Marvin Orie wat hulle al hul dae gegee het, en hulle sal hul struktuur deurgaans moet behou.

S’bu Nkosi was met sy terugkeer goed, Aphiwe Dyantyi het hard gewerk en was ondanks ʼn paar foute ook goed, Dan du Preez het die deurslaggewende drie, sy tweede, teen die einde gedruk en was verder hardwerkend, en sy broer Jean-Luc du Preez in sy klompie minute van die bank af baie goed.

Warren Whiteley het goed geskakel, en Elton Jantjies het ná rustyd met die meer besit goed gespeel. Thomas du Toit was ook stewig, maar verder was daar niks vir Rassie Erasmus om oor opgewonde te raak nie.

Puntemakers ‒

Sharks (18) 33 ‒ Drieë: Dan du Preez (2), S’bu Nkosi (2). Doelskoppe: Rob du Preez (2). Strafdoele:: Du Preez (3).
Goue Leeus (3) 24 ‒ Drieë: Nic Groom, Courtnall Skosan (2). Doelskoppe: Elton Jantjies (3). Strafdoel: Jantjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frans C ·

Soos verwag het die Leeus voorlangs gesukkel en is die afwesigheid van Van Rooyen,Dreyer en Smith deeglik gevoel.Weet nie of die Leeus oorgenoeg plaasvervangers beskik om die manne te vervang nie,anders lê sukkel superrugby vir hulle voor.

Skielik na Saterdag se vertoning is die WP nie meer die gunstelinge nie.

Sparks ·

Onthou leeus het sonder 10 van hul top spelers die haaie aangevat. Vat 10 haaie weg dan praat ons weer. Plus die ref met oogklappe.

Frans C ·

Jammer Sparks,
maar die lokstem van die Engelse pond is groter as plaaslike rugby.Van die eens gevreesde Lions voorry is slegs Marx oor.Van Rooyen en Dreyer is reeds in Engeland en Mostert is ook op pad.Onthou Kriel,Ackermann was ook eens op ‘n tyd deel van ‘n goeie span.
Lyk my Andries Ferreira en Cyle Brink sukkel ook met langtermyn beserings.

Rugby begin voor en is die voorry die fondament vir goeie spel.Jammer maar ek dink die Leeus se glorie dae is vi reers verby en lê die langpad van spanbou weer voor.Dink eerste ding sal wees om goeie plaasvervagers vir Dryer en van Rooyen te vind.

Josua Keys ·

Frans, ek stem 100% saam jou die leeus gaan sukkel volgende jaar en as Swys ook nog die span gaan verlaat om by die bok afrigting aan te sluit is dit nog erger. Ek het gesê voor die Super reeks eindstryd dat as die Lions weer gaan verloor is SA se Rugby in sy “glory” in. Almal kla oor die bokke maar die All Black glimlag bank toe, as die bokspan 3 jaar gelede reeds uit meeste van die Lions spelers bestaan het met so een of twee veranderinge sou die bokke se statistiek drasties beter gelyk het en New Zeland weet dit, ek weet mense gaan my weer kruisig maar dit is veite die bokke sou baie meet wedstryde gewen het en dalk eerste of tweede op die log gelê en minder spelers oorsee gegaan het maar hoe gaan bewys jy dit as die ouens nie die kans gegun was nie so dit is net spekulasie. Ek neem nie die ouens kwalik as hulle oorsee gaan speel nie, wat help dit jou span eindig vir die afgelope drie jaar tweede in die wereld se grootste kompetisie Super Reeks en 10% van daardie spelers verteenwoordig jou Nasionale span dan wil almal weet waarom Saru amper bankrot is, dis eintlik lagwekkend as n mens daaraan dink en Rassie is nie gou van plan om sy oogklappe af te haal nie en so sal die bokke slae op slae kry en ons ondersteuners verneder word.

Josua Keys ·

Die leeus was tot en met die laaste 5 mimute nog sterk in die wedstryd en het beslis n kans gestaan om te wen maar weereens ‘n blaps van die skeidsregter met die ingooi van die bal deur die Sharks waar hy gesê het Warren het die bal aangeslaan het terwyl die stadige aksie dit duidelik uit gewys het dat dit nie die geval was nie, in so ‘n belangrike wedstryd en so naby aan die einde voel ek dat hy die tv skeidsregter se hulp kon inroep juis omdat Warren hom genader het met sy beslissing en Nick(KAPT) reeds van die veld was en Warren die kapteinskap oorgeneem en dit ‘n kardinale beslissing was in die guns van die Sharks, Sharks kry die skrum die Leeus skrum hulle terug en Du Preez gaan druk wat die wedstryd verseel het vir die Sharks. Die leeus het glad nie goed vertoon in die Currie beker reeks nie daarmee stem ek saam maar dit kon n heel ander prentjie gewees het as die leeus die laaste skrum sou kry, Warren het die bal gewen, maar nou ja die Sharks het seker die wen net soveel verdien as die Leeus, voute met die afskop in die tweede helfte het ook bygedra dat die leeus teen hulself verloor het maar met ‘n klomp nuwe gesigte in die span goeie afrigting het hulle dalk volgende jaar weer n kans.

Frans C ·

Dit gaan tyd vat,veral as jy die seisoen met tussen 11 en 13 onder 21 spelers speel.Die grootste probleem is die gedurige verwisseling van spelers.Een van die grootste trekvoëls was S P Marais en gelukkig vir die WP eindig hy by hulle en wen op sy eie die semi-finaal.

Daar is nie soveel beweging in die NZ-spanne nie,alhoewel van hul spelers ook oorsee gaan speel.Die Rand verhandel tans teen 0.11 NZ dollar.Jy kry dus R9.37 vir 1NZ dollar.

Vir ‘n N Dollar kry jy darem 0.51 Pond sterling.Vir ‘n Rand kry jy 0.054 Pound sterling!
Dit is dus geldgewys veel meer aanloklik vir ons spelers om in Engeland te speel as vir NZ speler.

Dit , kwotas, en gedurige speler afrokkel deur ander bonde is mi die faktore wat verhinder dat Suid Afrika ooit weer ‘n groot faktor op internasionale vlak gaan wees.
Nes jy dink hier kom iets,dan die groot teleurstelling en dan help dit ook nie dat afrigters
soos Ackermann grootskaal spelers van sy ou span werf nie.

Ek raai dat hy inligting het en weet dat die kanse dat hul onder Erasmus vir die Bokke sal speel skraal is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.