Sharks kies 34-jarige Franse oud-toetsspeler vir Australiese toer

Cobus Reinach - terug na sy langtermynbesering (Foto RFU)

Cobus Reinach – terug na sy langtermynbesering (Foto RFU)

Die Sharks het Vrydag hulle toerspan aangekondig vir aanstaande Saterdag se Superwedstryd teen die Reds in Brisbane, die eerste van ʼn Suid-Afrikaanse span in vanjaar se reeks.

Die afrigter Robert du Preez sê dit was baie moeilik om net 27 uit die groep te kies, maar daar is geen werklike verrassings nie.

Die 34-jarige Fransman, Clement Poitrenaud, is wel in die groep. Hy is verlede jaargekontrakteer, hoofsaaklik om as mentor op te tree en leiding aan die Durbaniete se span te gee wat senior spelers soos JP Pietersen en Willie le Roux verloor het. Veral `n man soos Curwin Bosch kan by sy ervaring baat.

Poitrenaud het 47 toetse tussen 2001’12 vir Frankryk gespeel en tussen 2000/’16 het hy in 335 wedstryde vir Toulouse uitgedraf. Dit is vanjaar dus 17 jaar sedert hy sy eersterangse debuut gemaak het.

Die span sluit tien Springbokke in: Chiliboy Ralepelle, Coenie Oosthuizen, Jean-Luc du Preez, Lourens Adriaanse, Stephan Lewies, Tendai Mtawarira, Cobus Reinach, Lwazi Mvovo, Michael Claassens, Pat Lambie.

Daar word met verwagting uitgesien hoe Cobus Reinach sal vaar na hy ʼn jaar langs die kantlyn was.

Die toergroep van 27 –

Voorspelers:
Chiliboy Ralepelle, Coenie Oosthuizen, Etienne Oosthuizen, Franco Marais, Jacques Vermeulen, Jean Droste, Jean-Luc du Preez, Juan Schoeman, Lourens Adriaanse, Philip van der Walt, Ruan Botha, Stephan Coetzee, Stephan Lewies, Tendai Mtawarira, Tera Mtembu, Thomas du Toit
Agterspelers: Andre Esterhuizen, Clement Poitrenaud, Cobus Reinach, Curwin Bosch, Jeremy Ward, Kobus van Wyk, Lukhanyo Am, Lwazi Mvovo, Michael Claassens, Pat Lambie (kapt.), Sbu Nkosi

Die Sharks se volle groep (45 spelers) vir die Superseisoen –

Voorspelers:
Beast Mtawarira, Chiliboy Ralepelle, Coenie Oosthuizen, Daniel du Preez, Etienne Oosthuizen, Franco Marais, Francois Kleinhans, Hyron Andrews, Jacques Vermeulen, Jean Deysel, Jean Droste, Jean-Luc du Preez, John-Hubert Meyer, Juan Schoeman, Keegan Daniel, Khaya Majola, Lourens Adriaanse, Philip van der Walt, Ruan Botha, Stephan Coetzee, Stephan Lewies, Tera Mtembu, Thomas du Toit.
Agterspelers:
André Esterhuizen, Benhard Janse van Rensburg, Clement Poitrenaud, Cobus Reinach, Curwin Bosch, Garth April, Hanco Venter, Inny Radebe, Jeremy Ward, Johan Deysel, Kobus van Wyk, Lukhanyo Am, Lwazi Mvovo, Marius Louw, Michael Claassens, Odwa Ndungane, Pat Lambie (kapt.), Rhyno Smith, Rowan Gouws, S’bura Sithole, Sbu Nkosi, Tristan Blewett

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.