Sharks kies hul Springbokke teen Blou Bulle

Die Sharks het hul vrygestelde Springbokke ingesluit in die span wat Saterdag in Durban met die Blou Bulle in die reeks om die Curriebeker kragte meet.

Chilliboy Ralepelle is terug op haker, en Daniël du Preez op agsteman in twee van vier wysigings aan die opdraf-agttal.

Ralepelle vervang Franco Marais en Du Preez speel in Tera Mtembu se plek.

Tyler Paul skuif ten koste van Jean Droste slot toe, om plek vir die terugkerende flank Jacques Vermeulen te maak.

Thomas du Toit draf as stut op, en wissel sy plek op die bank met Juan Schoeman.

In die enigste verandering agterlangs vervang die Springbok Michael Claassens die nuweling in die Bokgroep Louis Schreuder. Laasgenoemde het verlof om ʼn familiegeleentheid by te woon.

Marais en Mtembu kry albei plek op die bank.

Die span –

15. Garth April, 14. Odwa Ndungane, 13. Jeremy Ward, 12. Marius Louw, 11. Sbu Nkosi, 10. Curwin Bosch, 9. Michael Claassens, 8. Daniël du Preez, 7. Jacques Vermeulen, 6. Keegan Daniel, 5. Ruan Botha (kaptein), 4. Tyler Paul, 3. Ross Geldenhuys, 2. Chiliboy Ralepelle, 1. Thomas du Toit. Bank: 16. Franco Marais, 17. Juan Schoeman, 18. Jean Droste, 19. Tera Mtembu, 20. Cameron Wright, 21. Tristan Blewett, 22. Rhyno Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.