Sharks kies konserwatief; Griekwas gaan oorboord

Twee kiesbeleide vir dieselfde wedstryd kan kwalik verder meer van mekaar verskil as dié van die Sharks en Griekwas vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting tussen die twee spanne op Kingspark, Durban.

Die Sharks het slegs twee wysigings aan sy opdrafspan aangebring, terwyl Griekwas slegs drie opdrafspelers onveranderd behou het.

Al twee die wysigins aan die Sharks se span is in die voorhoede, waar Jacques Vermeulen op flank vir Jean-Luc du Preez vervang, en Tyler Paul op slot vir Hyron Andrews.

Griekwas het hul hele agterlyn geskommel met George Whitehead wat van losskakel na heelagter skuif, Tertius Kruger van binne- na buitesenter, en AJ Coertzen van regter- na linkervleuel, en vier nuwelinge wat die res vul.

In die voorhoede het slegs Jonathan Janse van Rensburg (agsteman), Pieter Janse van Vuren (slot) en wald van der Westhuizen (vaskopstut) hul plekke behou.

Die spanne –

Sharks

15. Garth April, 14. Kobus van Wyk, 13. Jeremy Ward, 12. Lukhanyo Am, 11. Sbu Nkosi, 10. Curwin Bosch, 9. Michael Claassens, 8. Daniël du Preez, 7. Jacques Vermeulen, 6. Keegan Daniel, 5. Ruan Botha (kaptein), 4. Tyler Paul, 3. Ross Geldenhuys, 2. Chiliboy Ralepelle, 1. Thomas du Toit. Bank: 16. Franco Marais, 17. Juan Schoeman, 18. John-Hubert Meyer, 19. Jean Droste, 20. Tera Mtembu, 21. Cameron Wright, 22. Inny Radebe.

Griekwas

15. George Whitehead, 14. Ederies Arendse, 13. Tertius Kruger, 12. Johnathan Francke, 11. AJ Coertzen (kaptein), 10. André Swarts, 9. Rudi Van Rooyen, 8. Jonathan Janse van Rensburg, 7. Shaun McDonald, 6. RJ Liebenberg, 5. Pieter Janse van Vuren, 4. Mzwanele Zito, 3. Ewald van der Westhuizen, 2. AJ le Roux, 1. Devon Martinus. Bank: 16. Wilmar Arnoldi, 17. Nicolaas Oosthuizen, 18. Wandile Putuma, 19. De Wet Kruger, 20. Sias Koen, 21.Renier Botha, 22. Eric Zana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.