Sharks kies vyf Bokke; De Allende in WP-span

the sharksDie Sharks het vyf Springbokke ingesluit in die beginspan wat Vrydagmiddag op Ellispark teen die Goue Leeus speel.

Die wedstryd sal moontlik van die naweek se vier Curriebekerwedstryde die grootste invloed op die halfeindronde se finale deelnemers en indelings sal hê.

Lwazi Mvovo en Lourens Adriaanse is albei ingesluit nadat hulle uit die Bokgroep gelaat is wat nou net uit 28 lede vir die wedstryd teen die Wallabies bestaan. Die kaptein Keegan Daniel is ook terug as agsteman omdat Philip van der Walt nog nie genoegsaam van konkussie herstel het nie; Chiliboy Ralepelle is miskien nie meer heeltemal dinamies nie maar bring stewigheid en ervaring; en Michael Claassen is steeds ʼn uiters bestendige skrumskakel.

Die Sharks en die Goue Leeus is indieselfde bootjie: verloor hulle die wedstryd, is hulle halfeind-aspirasies feitlik vir seker daarna toe.

Sharks –
15 Curwin Bosch, 14 Rhyno Smith, 13 Lukhanyo Am, 12 André Esterhuizen, 11 Lwazi Mvovo, 10 Inny Radebe, 9 Michael Claassens, 8 Keegan Daniel (kapt.), 7 Jean-Luc du Preez, 6 Francois Kleinhans, 5 Ruan Botha, 4 Etienne Oosthuizen, 3 Lourens Adriaanse, 2 Chiliboy Ralepelle, 1 Thomas du Toit. Bank: 16 Franco Marais, 17 John-Hubert Meyer, 18 Stephan Lewies/Jean Droste, 19 Khaya Majola, 20 Stefan Ungerer, 21 Garth April, 22 Wandile Mjekevu

Die Westelike Provinsie se afrigter John Dobson het ʼn hele paar veranderinge gemaak waarvan die insluiting van die Springbok-binnesenter Damien de Allende in die plek van Huw Jones moontlik die opvallendste is.

Jones, die Skotse senter wat die afgelope weke skitterend op dreef is, het sy dyspier getrek en was nie beskikbaar om die plek van Juan de Jongh in te neem wat nou weer by die Bokke aangesluit het.

Die Blitsbok Werner Kok is op die bank met Scott van Breda wat in  sy plek speel.

Westelike Provinsie –
15 Cheslin Kolbe, 14 Scott van Breda, 13 Johnny Kotze, 12 Damian de Allende, 11 Leolin Zas, 10 Robert du Preez, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nizaam Carr, 7 Kobus van Dyk, 6 Rynhardt Elstadt, 5 Chris van Zyl (kapt.), 4 Jan de Klerk, 3 Wilco Louw, 2 Mike Willemse, 1 Alistair Vermaak. Bank: 16 Neil Rautenbach, 17 JC Janse van Rensburg, 18 JP Smith, 19 Dave Ribbans, 20 Jurie van Vuuren, 21 Jano Vermaak, 22 Werner Kok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.