Sharks kry nuwe Curriebeker-afrigter

Robert du Preez (Foto varsitycup.co.za)

Robert du Preez (Foto varsitycup.co.za)

Robert du Preez, gewese Springbokskrumskakel en later afrigter van die NWU-Pukke en die Luiperds, is aangestel as die Curriebekerafrigter van die Sharks.

Du Preez, pa van die drie Junior Springbokke Robert en die tweeling Jean-Luc en Daniel, het vanjaar vir die direkteur van afrigting Gary Gold as assistent-afrigter van  die Sharks se Superspan bygestaan.

Gold het Dinsdag Du Preez se aanstelling bekendgemaak en ook dat die huidige Super-afrigtingspan hom sal bystaan.

Du Preez kry ook die voormalige hulpafrigter van die Bulls en die Springbokke, Ricardo Loubscher, by wat glo as tegniese hulpafrigter sal werk.

Du Preez het vir die Blou Bulle en Natal en ook in sewe toetse gespeel. Hy het later College Rovers in Durban afgerig voordat hy na sy tuisdorp Potchefstroom teruggekeer het om die Pukke en die Luiperds in 2014-’15 af te rig.

Die Luiperds het met Du Preez as afrigter in 2015 die Curriebeker se Eersteliga gewen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.