Sharks moet Australasiese gesukkel vir SA omkeer

Is daar al enige tekens dat Suid-Afrikaanse rugby in 2018 aan’ t herstel is?

Met die vyfde ronde van die Superrugbyreeks dié naweek is dit ʼn vraag sonder maklike antwoorde.

Ja, al vier die Suid-Afrikaanse spanne hardloop in ʼn mindere of meerdere mate met die bal, iets wat ondersteuners al ʼn paar jaar lank bepleit. Maar wen hulle waar dit tel?

Die Stormers het vanjaar (met die voorspelde gebrek aan diepte) drie keer in Australasië verloor en die Bulls twee keer.

Daarmee het Suid-Afrikaanse franchises, insluitende die twee swakkes, die Cheetahs en die Kings, wat in 2017 deel van die Superreeks was, se uitslae oorsee verder verswak.

Die Stormers en die Bulls se neerlaag Vrydag ingesluit, het ons spanne hulle afgelope 13 wedstryde in Nieu-Seeland verloor en net twee uit 19 sedert begin 2016 gewen.

Nog erger: Teen die (meestal) swak Australiese teenstand het dit ook gesukkel en sedert die aanvang van die 2016-seisoen het Suid-Afrikaanse spanne net 10 van hulle 37 wedstryde teen spanne van die twee Australasiese Supergroepe gewen.

♦  Die Sharks kom Saterdag (10:45) aan die beurt om die neiging te probeer verbreek wanneer hulle in Canberra teen die sukkelende Brumbies speel.

Die Brumbies is vanjaar (weer) nie waffers nie, maar die Sharks het ook eintlik net die enkele oorwinning teen die Sunwolves agter hulle, en ʼn loesing teen die Lions met ʼn gelykopuitslag tuis teen die Waratahs, wat self maar ʼn vrotterige spulletjie is.

Faktore wat hierdie wedstryd kan beïnvloed: Saterdag speel die Sharks met feitlik ʼn vol-span, weg, teen ʼn span met ʼn sterk pak. Die kanse is dat die Australasiese pyn verder ingevryf sal word.

♦  Tuis speel die Lions teen die Sunwolves (17:15). Hoe gering Suid-Afrikaanse spanne en ondersteuners die Sunwolves ag, word weerspieël deurdat Swys de Bruin die meeste sy bestes laat rus en vir die ander spelerswedstrydkans te gee.

♦  Die Stormers, ná drie uit drie neerlae oorsee en platgeslaan deur beserings aan ondermeer hulle drie voorste slotte, is Saterdag (15:05) terug op Nuweland ná die neerlae in Australasië. Benewens die beserings, en die griepvirus wat boonop toegeslaan het, kry hulle te doen met die Blues wat die Lions verlede week geskok het.

♦  Die Jaguares was verlede naweek indrukwekkend toe hulle die Waratahs in Buenos Aires geklop het, en behoort die Reds ná hulle lang vlug Saterdagaand (23:40) ook pak te gee.

Saterdag se spanne  in die SA groep –

Brumbies v Sharks, Canberra – 10:45
Brumbies
15 Andrew Muirhead, 14 Henry Speight, 13 Tevita Kuridrani, 12 Christian Lealiifano (kapt.), 11 Lausii Taliauli, 10 Wharenui Hawera, 9 Joe Powell, 8 Isi Naisarani, 7 Tom Cusack, 6 Lachlan McCaffrey, 5 Blake Enever, 4 Rory Arnold, 3 Allan Alaalatoa, 2 Folau Fainga’a, 1 Scott Sio. Bank: 16 Connal McInerney, 17 Nic Mayhew, 18 Leslie Leuluaialii-Makin, 19 Richie Arnold, 20 Lolo Fakaosilea, 21 Matt Lucas, 22 James Dargaville, 23 Tom Banks
Sharks
15 Curwin Bosch, 14 Kobus van Wyk, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Makazole Mapimpi, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Tera Mtembu, 7 Jacques Vermeulen, 6 Wian Vosloo, 5 Stephan Lewis, 4 Ruan Botha (kapt.), 3 Thomas du Toit, 2 Akker van der Merwe, 1 Beast Mtawarira. Bank: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 Juan Schoeman, 18 John-Hubert Meyer, 19 Tyler Paul, 20 Jean-Luc du Preez, 21 Cameron Wright, 22 Marius Louw, 23 Lwazi Mvovo

Stormers vs Blues, Nuweland – 15:05
Stormers
15 Dillyn Leyds, 14 JJ Engelbrecht, 13 EW Viljoen, 12 Damian De Allende, 11 Raymond Rhule, 10 Damian Willemse, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nizaam Carr, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi (kapt.), 5 Chris van Zyl, 4 Jan de Klerk, 3 Wilco Louw, 2 Ramone Samuels, 1 Steven Kitshoff
Bank: 16 Dean Muir, 17 JC Janse van Rensburg, 18 Carlu Sadie, 19 Salmaan Moerat, 20 Cobus Wiese, 21 Sikhumbuzo Notshe, 22 Justin Phillips, 23 Craig Barry
Blues:
15 Michael Collins, 14 Matt Duffie, 13 Rieko Ioane, 12 Sonny Bill Williams, 11 Melani Nanai, 10 Bryn Gatland, 9 Sam Nock, 8 Akira Ioane, 7 Antonio Kiri Kiri, 6 Jerome Kaino, 5 Gerard Cowley-Tuioti, 4 Patrick Tuipulotu, 3 Ofa Tu’ungafasi, 2 James Parsons (kapt.), 1 Pauliasi Manu. Bank: 16 Leni Apisai, 17 Ross Wright/Sione Mafileo, 18 Mike Tamoaieta, 19 Jimmy Tupou, 20 Murphy Taramai, 21 Jonathan Ruru, 22 Stephen Perofeta, 23 George Moala

Lions vs Sunwolves, Ellispark – 17:15
Lions
15 Andries Coetzee, 14 Rohan Janse van Rensburg, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Len Massyn, 7 Franco Mostert (kapt.), 6 Kwagga Smith, 5 Marvin Orie, 4 Lourens Erasmus, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Malcolm Marx, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Robbie Coetzee, 17 Sti Sithole, 18 Johannes Jonker, 19 Robert Kruger, 20 Marnus Schoeman, 21 Marco Jansen van Vuren, 22 Howard Mnisi, 23 Shaun Reynolds.
Sunwolves
15 Kotaro Matsushima, 14 Lomano Lemeki, 13 William Tupou, 12 Michael Little, 11 Hosea Saumaki, 10 Harumichi Tatekawa, 9 Yutaka Nagare, 8 Michael Leitch, 7 Lappies Labuschagne, 6 Yoshitaka Tokunaga, 5 Wimpie van der Walt, 4 Kazuki Himeno, 3 Koo Ji-won, 2 Yusuke Niwai, 1 Craig Millar. Bank: 16 Atsushi Sakate, 17 Shintaro Ishihara, 18 Hencus van Wyk, 19 Grant Hattingh, 20 Willie Britz, 21 Keisuke Uchida, 22 Ryoto Nakamura, 23 Ryuji Noguchi

Jaguares vs Reds, Buenos Aires – 23:40
Jaguares
15 Joaquin Tuculet, 14 Bautista Delguy, 13 Matias Orlando, 12 Santiago Iglesias, 11 Emiliano Boffelli, 10 Nicolas Sanchez, 9 Gonzalo Bertranou, 8 Javier Ortega Desio, 7 Marcos Kremer, 6 Pablo Matera (kapt.), 5 Tomas Lavanini, 4 Matias Alemanno, 3 Nahuel Tetaz Chaparro, 2 Agustin Creevy, 1 Felipe Arregui, Bank: 16 Julian Montoya, 17 Santiago Botta, 18 Juan Pablo Zeiss, 19 Guido Petti, 20 Juan Manuel Leguizamon, 21 Martin Landajo, 22 Juan Martin Hernandez, 23 Sebastian Cancelliere
Reds
15 Aidan Toua, 14 Filipo Daugunu, 13 Chris Feauai-Sautia, 12 Samu Kerevi, 11 Eto Nabuli, 10 Jono Lance, 9 James Tuttle, 8 Caleb Timu, 7 Adam Korczyk, 6 Angus Scott-Young, 5 Kane Douglas, 4 Izack Rodda, 3 Taniela Tupou, 2 Brandon Paenga-Amosa, 1 James Slipper (kapt.). Bank: 16 Andrew Ready, 17 JP Smith, 18 Ruan Smith, 19 Harry Hockings, 20 Liam Wright, 21 Ben Lucas, 22 Hamish Stewart, 23 Duncan Paia’aua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

gerhard ·

Die swakker span Cheethas het jou sterk spanne verlede jaar lelik ore aangesit. Reg of verkeerd? Jy is seker n Geelbul Mamelodi ondersteuner. Geniet julle SWAK SA super rugby. BOEEEEEEEE!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.