Sharks sal Lambie vir ‘maklike’ wedstryd kan kies

Patrick Lambie (Foto: smh.co.au).jpg

Patrick Lambie (Foto: smh.co.au).jpg

Die Sharks se ‘maklike’ wedstryd teen die OP Kings die naweek kon nie op ʼn beter tyd gekom het nie. Die groot aantal beserings kan die Durbaniete die nodige kans vir asemskep gee – en ook vir Pat Lambie die kans om geleidelik sy voete in wedstrydsituasies te vind.

Dat die Sharks Saterdag op hulle tuisveld sal wen is amper vanselfsprekend. Die groter belangstelling sal lê by Lambie, as hy gekies word. Vir die Sharks sal dit ʼn welkome terugkeer wees soos hulle weer na twee neerlae op die wenpad moet kom op pad na die uitspeelrondes.

Die Sharks is tans tweede op die puntelys, en hoewel sake nog deurmekaar gekrap kan word, behoort hulle darem in die boonste vier te eindig. Hulle is tans tweede, net ná die Vrystaat Cheetahs.

♦  Lambie oefen al ʼn paar weke, maar dit was alles behalwe voluit weens die konkussie wat meer as twee maande gelede in die eerste toets teen Ierland opgedoen is.

Die week het hy uiteindelik weer voluit geoefen – en die Kings is die ideale geleentheid waar die Sharks hom speelkans kan gee.

♦  Terwyl sy terugkeer vir die Sharks nou na ʼn voordeel lyk, mag die dalk nie die geval wees nie.

Die Springbokke se Elton Jantjies is nie naastenby op sy beste nie. Dit kan die groter druk op toetsvlak wees, en ook die aansienlik swakker opsies en diens van sy skakelmaat Faf de Klerk, wat benewens sy uitstekende algemene spel in sy hooffunksie as skrumskakel sukkel.

Met Jantjies wat skynbaar nie die mas opkom nie, sal dit nie verbaas as Allister Coetzee Lambie binnekort nadertrek in die tuistoetse teen die Wallabies en All Blacks nie. Dan is die KwaZulu-Natallers presies waar hulle nou is na ʼn week of twee se losskakel-bederf as hy in die Curriebekerreeks kans sal kry.

♦  Die Sharks sukkel ook met ander beserings.

Die kaptein Keegan Daniel het ʼn lastige maagspier; sy mede-Springbok Jean Deysel het ʼn heupbesering en sal ʼn fiksheidstoets moet slaag as hy Saterdag wil speel; die veteraan-vleuel Odwa Ndungane is vir die res van die seisoen uit met ʼn geskeurde maagspier en word Woensdag geopereer; verlede week se kaptein  wat in  die eerste kontak in die wedstryd konkussie opgedien het, Philip van der Walt, sal nie kan speel nie; Sibusiso Sithole het ʼn liesbesering; en die Bokslot Stephan Lewies sal ʼn fiksheidstoets moet slaag voor hy gekies word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.