Sharks se reisplan dalk in Dunedin bepaal

SuperRugby_rugbybal.jpgDie Sharks sal Vrydagoggend se Superrugby-wedstryd tussen die Highlanders en Reds in Dunedin met ʼn klein skeutjie belangstelling volg, want dit kan ʼn rol speel waar hul kragmeting in aanstaande naweek se kwarteindronde sal plaavind.

Die Highlanders (46 punte) is vier punte voor die Sharks (42). Klop die Highlanders die Reds, kan die Sharks hulle nie inhaal nie. Maar hulle kan steeds nie hul posisie verbeter, en die Chiefs (52) en Hurricanes (56) op die puntelys verbysteek nie.

Hulle sal steeds sewende of agtste eindig, en of teen die Lions op Ellispark, of die Crusaders in Christchurch in die kwarteindronde moet speel. Ditto die Sharks.

Wat wel belangrik is, is om momentum te behou, want om op dié stadium slae te kry, kan jou selfvertroue knou,

In Vrydagoggend se tweede wedstryd in Melbourne, kom die Rebels teen die Jaguares te staan.

Op papier beskou, kan daar net een wenner wees, en dis nie die Rebels nie, veral nie as daar ʼn swaard oor hulle koppe hang of hulle volgende jaar steeds Superrugby gaan speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.