Sharks skuld die Reds ʼn yslike dankie

Die Reds het ʼn groot klip uit die Sharks se pad gerol om vir die uitspeelrondes van die Superrugby-reeks te kwalifiseer toe hulle die Rebels Vrydag in Brisbane met 34-23 geklop het.

Die Rebels, wat nie eens ʼn bonuspunt verower het nie, het steeds 35 punte en is net drie punte voor die Sharks op die algehele puntelys. Hulle het reeds 15 wedstryde gespeel met net een wedstryd teen die Highlanders in Dunedin oor.

Wie sal ʼn geldjie op ʼn sukkelende Australiese span wat nie kan skrum nie, teen die Highlanders op hul tuisveld wil waag?

As die Sharks boonop Saterdag met die Stormers afreken, sal hulle bo die Rebels inskuif en kan hulle saam met die Lions vir die uitkloprondes kwalifiseer.

Die kragmeting in Brisbane was ʼn tipiese Australiese derby, besaai met foute, knaende onkantspel, skrums wat gereeld in duie gestort het en aggressie aan albei kante wat tot twee geelkaarte, en ook ʼn strafdrie vir die Reds, gelei het.

Puntemakers:
Reds (24) 34:
Drieë: Izack Rodda, Filipo Daugunu, strafdrie (7 punte), Jono Lance. Doelskoppe: Lance (3). Strafdoele: Lance (2).
Rebels (17) 23: Drieë: Angus Cottrell, Jack Maddocks. Doelskoppe: Reece Hodge (2). Strafdoele: Hodge (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Snuffels ·

Die wedstryd van die Reds was in Brisbane gespeel…n tuis wedstryd vir hulle. Nie in Melbourne soos berig nie. Groete

Landi Slatter ·

Dagsê Snuffels

Baie dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.