Sharks soek eerste sege, Lions ʼn bonuspunt

Die Sharks is te ongeduldig, sê hulle afrigter Robert du Preez oor sy span wat tot dusver twee uit twee Superwedstryde verloor het.

En hulle ondersteuners raak ook ongeduldig. Hulle verwag Saterdag op Kinghspark ʼn beter vertoning as die amperse wen teen die Waratahs verlede naweek nadat die Sharks deur baie beskou is as die Suid-Afrikaanse span wat vanjaar die beste in die Superreeks sal vaar.Dis eintlik ʼn móét dat hulle moet wen en dit goed genoeg doen sodat hulle van aanstaande naweek af hul vier wedstryde in Australasië met vertroue kan aanpak.

Saterdag (15:05) speel die Sharks op Kingspark teen die Sunwolves, wat deur die oudspeler van die Lions en Cheetahs, Willie Britz, aangevoer word.

Die Sharks nie behoort nie te veel probleme te hê om hul eerste sege van die reeks te behaal nie. Dis vir die afrigter Robert du Preez eerder ʼn geval van hóé hulle dit gaan doen voordat hulle aanstaande week hulle wedstryde in Australië aanpak.

Spanne –

Sharks
15 Curwin Bosch, 14 Sibusiso Nkosi, 13 Lukhanyo Am, 12 André Esterhuizen, 11 Makazole Mapimpi, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Lubabalo Mtembu, 7 Jacques Vermeulen, 6 Wian Vosloo, 5 Stephan Lewies, 4 Ruan Botha (kaptein), 3 John-Hubert Meyer, 2 Akker van der Merwe/Chiliboy Ralepelle, 1 Beast Mtawarira.  Bank: 16 Armand van der Merwe/Chiliboy Ralepelle, 17 Juan Schoeman, 18 Ross Geldenhuys, 19 Gideon Koegelenberg, 20 Keegan Daniel, 21 Cameron Wright, 22 Marius Louw, 23 Lwazi Mvovo.
Sunwolves
15 Kotaro Matsushima, 14 Lomano Lemeki, 13 Sione Teaupa, 12 Michael Little, 11 William Tupou, 10 Harumichi Tatekawa, 9 Keisuke Uchida, 8 Willie Britz (kapt.), 7 Yoshitaka Tokunaga, 6 Michael Leitch, 5 Grant Hattingh, 4 Kazuki Himeno, 3 Takuma Asahara, 2 Yusuke Niwai, 1 Craig Millar. Bank: 16 Atsushi Sakate, 17 Shintaro Ishihara, 18 Hencus van Wyk, 19 Wimpie van der Walt, 20 Pieter Labuschagne, 21 Yutaka Nagare, 22 Ryoto Nakamura, 23 Robbie Robinson.

♦  Vir die Lions, wat Saterdag om 17:15 op Ellispark teen die Blues speel, is daar die uitdaging om hul spelpeil deurgaans te handhaaf in die wedstryd wat vir hulle ʼn vyfpunter behoort te wees.

Die Lions lyk na een van die beste twee spanne in die reeks en speel teen ʼn span wat die afgelope jaar week na week onderpresteer.

Soos hulle maar is, het die Blues teen die Highlanders en die Chiefs elke keer goed gelyk maar toe net ʼn verloor-bonuspunt gekry. In albei wedstryde het hulle goed begin en geëindig, maar in die derde kwart ná rustyd die wedstryd laat glip.

Hulle het ʼn paar skitterende individuele spelers in hulle span, insluitende die senterpaar Rieko Ioane en Sonny Bill Williams; maar die kop wat nie reg is nie en die gesukkel om as ʼn span saam te speel, sal hulle maar weer kos.

Die afrigter Tana Umaga, wat soos sy voorgangers ook sukkel om die eens magtige Blues weer na ʼn wenspan om te skakel, het as teenvoeter vir die lugdruk het ses voorspelers op die bank gekies.

En miskien ook uit noodweer, want Umaga het twyfel of sy pak in die vaste fasette teen die Lions bestand sal wees.

Spanne –

Lions
15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Francois Mostert, 6 Cyle Brink, 5 Marvin Orie, 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Robbie Coetzee, 17 Dylan Smith, 18 Jacobus Adriaanse, 19 Lourens Erasmus, 20 Albertus Smith, 21 Ashlon Davids, 22 Harold Vorster, 23 Hacjivah Dayimani.
Blues
15 Michael Collins, 14 Matt Duffie, 13 Rieko Ioane, 12 Sonny Bill Williams, 11 Melani Nanai, 10 Bryn Gatland, 9 Sam Nock, 8 Akira Ioane, 7 Antonio Kiri Kiri, 6 Jerome Kaino, 5 Gerard Cowley-Tuioti, 4 Patrick Tuipulotu, 3 Ofa Tu’ungafasi, 2 James Parsons (kapt.), 1 Alex Hodgman. Bank: 16 Ross Wright, 17 Pauliasi Manu, 18 Michael Tamoaieta, 19 Scott Scrafton, 20 Jimmy Tupou, 21 Murphy Taramai, 22 Jonathan Ruru, 23 Stephen Perofeta.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.