Sharks struikel in Lions se web

Spider-Man Lions teen die Black Panther Sharks tydens die Superheldsondag-wedstryd in Kaapstad) (3 Februarie 2019) (Foto: Howard Cleland Pix via TheSharksZA/Twitter)

Die Lions het hul opwarmingswedstryd teen die Sharks voor meer as 50 000 toeskouers in Kaapstad gewen.

Warren Whiteley se span het 19-14 met die louere weggestap te danke aan drieë deur Malcol Marx, Courtnal Skosan en Sylvian Mahuza.

Die span se Springboklosskakel, Elton Jantjies, was suksesvol met twee doelskoppe.

Vir die Sharks het die oud-Johannesburger, Akker van der Merwe, en Makazole Mapimpi vir die punte gesorg.

Die talentvolle Curwin Bosch het beide drieë verdoel.

Die Bulls en Stormers-kragmeting het ʼn rukkie gelede afgeskop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frans C ·

‘n Wedstryd vol hanteringsfoute veral aan die Lions se kant.Nogtans bemoedigende tekens
vir die Lions.Die Sharks sonder sommige van hul staatmakers het swaargekry in die skrum
in die eerste helfte.
Ai Bulle swak verdediging aan die begin,het julle die wedstryd gekos.Moet Libbok nie dalk
ingespan word op losskakel en Pollard op binnesenter ingespan word?

Vra maar net ·

“Die Bulls en die Stormers kragmeting het ‘n rukkie gelede afgeskop” en niks verder nie? Maroela julle rugby nuus is maar dun gesaai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.