Sharks te goed, ondanks Blues se ses drieë

Miskien wat dit vir die Sharks die keerpunt in wat tot dusver ʼn ietwat teleurstellende seisoen was.

Die loesing wat hulle die Blues in Auckland toegedien het, het grootliks vergoed vir die pak van meer as 30 punte verlede week teen die Brumbies. Maar hulle het Saterdag met 63-40 gewen in die wedstryd wat 12 drieë opgelewer het.

Die Sharks het voorlangs oorheers, in die Blues se gebied gespeel en Robert du Preez het as gevolg van die oorheersing voorlangs die string strafskoppe wat na die KwaZulu-Natallers se kant gekom het, met sewe uit sewe strafdoele pale toe geslaag. Hy het boonop ʼn drie gedruk en al ses die Sharks se drieë verdoel vir ʼn persoonlike bydrae van 38.

Die Blues het met hul minder balbesit nietemin ses drieë gedruk in die wedstryd waar daar in die twee helfte 70 punte aangeteken is.

Dit was die eerste oorwinning vanjaar van ʼn Suid-Afrikaanse span in Australasië.

♦  Uitstaande kenmerke was die dikwels eina-keerwerk aan albei kante. Dat die Blues, wat veral in die eerste helfte vrot was, ook ses keer kon gaan druk – waarvan drie keer darem was toe S’bu Nkosi met ʼn geel kaart langs die veld was – is ʼn aanklag teen die Sharks se verdediging.

Binne die eerste 13 minute na rustyd het die Blues ʼn agterstand van 7-26 met die omdraaislag in ʼn voorsprong van 28-26 verander.

Die die spel van die twee Du Preez’s was uitmuntend – Robert op losskakel met sy skopwerk en ook sy algemene spel, en Jean-Luc, wat in die vaste los ʼn derduiwel was en met bal in die hand lang ente veld gewen het.

Die Sharks het die oorhand in die skrums gehad, en Thomas du Toit begin meer tuis op vaskop lyk.  André Esterhuizen se krag agterlangs het die tuisspan ook laat bontstaan. Curwin Bosch se aanvoeling vir die spel was soos altyd merkbaar en uit die boonste rakke en sy lakwerk weer sommer baie vlakke swakker.

Goed, baie goed, deur die Sharks, maar daar is nog heelwat om aan te skaaf

Puntemakers –

Blues (7) 40: Drieë: Michael Collins, Akira Ioane, Patrick Tuipulotu, Stephen Perofeta, Rieko Ioane, George Moala. Doelskoppe: Perofeta (5)
Sharks (26) 63: Drieë: Ruan Botha, Jean-Luc du Preez, Terra Mthembu, Robert du Preez, Kobus van Wyk, Curwin Bosch. Doelskoppe: Robert du Preez (6). Strafdoele: Robert du Preez (7).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

rollie ·

Lyk asof verdediging nie ‘n opsie was in hierdie wedstryd nie. Raak-rugby.

Snuffels ·

Nou waar is die mense wat se daar is te veel Du Preez’s daar? Al drie daai boeties is uitstekend, enige span sal baat om hulle te he

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.