Sharks torring nie veel aan opdrafspan

Die Sharks het nie veel aan sy opdrafspan vir Vrydag se Curriebekerwedstryd teen die Pumas in Nelspruit getorring nie.

Dit verskil net in drie gevalle van die vyftiental wat die Cheetahs met 45-15 opgedreun het.

Garth April vervang Innocent Radebe op heelagter; Curwin Bosch is die losskakel in Benhard Janse van Rensburg se plek en Ross Geldenhuys sak in John-Hubert Meyer se plek op loskop.

Op die bank vervang Juan Schoeman vir MJ Majola tussen die voorspelers en Rhyno Smith vir April agterlangs.

Die span –

  1. Garth April, 14. Tythan Adams, 13. Jeremy Ward, 12. Lukhanyo Am, 11. S’bu Nkosi, 10. Curwin Bosch, 9. Louis Schreuder, 8. Tera Mtembu, 7. Jacques Vermeulen, 6. Keegan Daniel, 5. Ruan Botha (kaptein), 4. Tyler Paul, 3. Ross Geldenhuys, 2. Akker van der Merwe, 1. Thomas du Toit. Bank: 16. Franco Marais, 17. Juan Schoeman, 18. Jean Droste, 19. Wihan Vosloo, 20. Michael Claassens, 21. Marius Louw, 22. Rhyno Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.