Sharks verander 12, kies nuwe kaptein teen Pumas

Die Sharks span Saterdag hul Superrugbyspan in teen die Pumas, wat verlede week met die Goue Leeus se naasbestes afgereken het.

Die Leeus speel natuurlik nog Superrugby, en die feit dat die Sharks die afgelope Saterdag uitgeskakel is, stel nou hul topspelers vir die Curriebekerreeks beskikbaar.

Die Durbaniete het verlede week ook nog Superrugby gespeel en toe in die Curriebekerreeks sleg slae teen die Cheetahs gekry.

Net drie van verlede week se opdrafspan het behoue gebly – Ross Geldenhuys (stut), Hyron Andrews (slot) en Keegan Daniel, wat van agsteman na flank skuif.

Daniel staan die kapteinskap aan die slot Ruan Botha af.

Die span –

15. Garth April, 14. Kobus van Wyk, 13. Jeremy Ward, 12. Lukhanyo Am, 11. S’busiso Nkosi, 10. Curwin Bosch, 9. Michael Claassens, 8. Daniël du Preez, 7. Jean-Luc du Preez, 6. Keegan Daniel, 5. Ruan Botha (kaptein), 4. Hyron Andrews, 3. Ross Geldenhuys, 2. Chiliboy Ralepelle, 1. Thomas du Toit. Bank: 16. Franco Marais, 17. Juan Schoeman, 18. Tyler Paul, 19. Tera Mtembu, 20. Jacques Vermeulen, 21. Cameron Wright, 22. Inny Radebe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.